Flink Oktober 2023 55 | Page 28

TAAL

Paul Kruger in poësie ...

D ie Kanadese digter Atticus het eens gesê wanneer ' n digter jou liefhet , sal jy vir altyd leef . Dít is ook die waarheid van die helde uit ons verlede . Regdeur die geskiedenis van die Afrikaner vertel ons al vir jare die verhale van ons mense in poësie , liedjies en ander letterkunde . Of dit nou die werk van die Twintigers is wat deur hul gedigte vrede wou maak met die vernietigende Anglo- Boereoorlog , die Dertigers se odes aan Afrikaans en die ontwikkeling van ons taal , die Sestigers se verset teen die politiek van die tyd of moderne digters se epiese vertellings van die geskiedenis , dit is ons digters , sangers en liedjieskrywers wat die helde uit ons verlede huldig met die woorde uit hul penne .

Die beeld van Oom Paul
Grou in die maanlig rys die swaar kolos , Oorheers die jong geboomte aan sy voet , Waardeur die aandwind huiw ' rig klaend spoed En rust ' loos , soos van geeste , sug die bos .
Die maan maak daar ' n glimlag op sy wang , Wat in die skemer lyk soos nat betraan , Hy peins oor jonggestorwe hoop , die waan Van volkwees , peins oor volkswee en oor dwang .
Voor sy gesig daar strek die doderyk , Waar al sy tyd- en strydgenote rus , En aandwind saggies oor die slapers stryk .
Wit-dynserig skyn die maan oor die stene alom … En grillig die verlede wat daar kyk Op ' n gewese Afrikanerdom .
Toon van den Heever
In Kruger-maand huldig ons Oom Paul met bekende gedigte uit die pen van Toon van den Heever , Jochem van Bruggen , Jan FE Celliers , DF Malherbe en Totius wat Kruger se verhaal in hul poësie vertel het .
Kruger
Soos ' n berg , ongebuk , breed en bonkig van stuk , dis hy !
Die gelaat , hap vir hap uit die kranse gekap , elke kerf , elke knou harde noodlot se hou ; elke moet , elke merk vryheidsvyand se werk , dis hy !
Groot-eenvoudig gerig deur die Woord as sy lig . Sonder traan , sonder lag , stil en stoer in sy krag . Maats-egaal in sy daad , wysheidswigtig sy raad , – suinig woord , raak en kort soos ' n skot uit ' n fort .
Nie soos storm wat woel , dog onkeerbaar en koel – soos die Vaal se vloed gly , dis hy !
Die beeld van oom Paul
En droewig rys die gryse beeld as in ' n Half-vergete droom weer by my op – Daar lê ' n waas van weemoed om die kop , Want as ' n vader het hy ons bemin .
Ver na die noorde staar sy trekkersblik , Net of hy nou nog vryheidstemme hoor , Net of sy oë deur donker skadu ' s boor . En tog berustend sê : “ Laat God beskik !”
En lugtig dans die bome in die wind , Waar ook sy grafsuil wit spook in die maan . Hoe kan ek hierdie winde dan verstaan ? Hoe kan my siel daar nou toos in vind ?
En ' k kyk weer na Oom Paul – ' n heerlik ' lig Straal van die hemel oor sy grys gesig !
JRL van Bruggen
Simonkragtig gepees soos die korpus , die gees . Wie die weg ons berei wat tot vryheid sal lei , dis hy !
Jan FE Celliers
27 AFRIKAANS