Flink Oktober 2023 55 | Page 27

KRÜGER D . W .: Die Verhaal van ' n familie : fragmente in die wordingsgeskiedenis van die Afrikaner . ( Hogsback , 1975 ).
MOSSOP E . E .: The lives of the earlier Krugers told in a genealogical table . IN : Archives Year Book for South African History , Vol . 10 , 1947 . ( Cape Town , 1947 ).
SCHOEMAN H . J . van S .: Nasate van pres . Paul Kruger ( Pretoria , outeur , 2000 ) – outeur is intussen oorlede . Kopie van publikasie wel ter insae in die Erfenisstigting Navorsingsbiblioteek op die Voortrekkermonumentterrein . Die boek bevat ' n tydlyn in die lewe van die president van geboorte tot dood , sy voorouers , asook genealogiese data van sy nasate .
VISAGIE Jan C .: Voortrekkerstamouers , 1835-1845 ( Pretoria : Protea Boekhuis , 2011 ).
Luister ook gerus vir die eerste keer of by herhaling na prof . Jaco Greeff , UP Departement Biochemie , Genetika en Mikrobiologie , se lesing m . b . t . die Kruger-familie uit ' n ander hoek met sy tema ' Genetiese blik op die Kruger-familie ' wat op 10 Oktober 2020 op die FAK Facebook regstreeks uitgesaai is en steeds te siene is . LW : Daar is net in die skermteks ' n tikfout m . b . t . Jacob Kruger se geboortejaar . https :// www . nationaalarchief . nl / vir die Inventaris van het archief van de Verenigde Oost-Indische Compagnie ( VOC ), 1602-1795 ( 1811 )
KLIK HIER om na die video te kyk
Isabel Groesbeek

Die onsekerheid rondom Paul Kruger se geboortedatum

Rous Pienaar voer in Die Burger en Beeld ( 14.10.2021 ) aan dat die geboortedatum van Paul Kruger 1 Oktober 1825 was , nie 10 Oktober nie . Hy wys daarop dat die inskrywing in die Moederkerk op Cradock se geboorte- en doopregister Kruger se geboortedatum as 1 Oktober 1825 aandui . CC de Villiers en C Pama se Geslagsregisters van die ou Kaapse families ( 1966 ) aanvaar dit so . Ook prof . CJ Uys ( 1955 ).
Tevore het Pienaar beswaar gemaak dat 10 Oktober swak navorsing deur die Nasionale Party was wat dié dag as nasionale vakansiedag verklaar het .
' n Nie-parlementêre sewemankommissie onder dr . SH Pellisier , waarop drie Engelssprekendes gedien het , het Suid-Afrika se openbare vakansiedae voorgestel wat in 1952 onder die Nasionale Party wet geword het , onder meer Krugerdag op 10 Oktober .
Waar kom die keuse van 10 Oktober vandaan ? Dit is die datum wat Paul Kruger self in sy herinneringe aangee wat hy in 1902 aan HC Bredell en Piet Grobler gedikteer het . Kruger moes hierdie datum reeds vroeër aan die Volksraad van die Zuid-Afrikaansche Republiek verskaf het , want soos wat 17 September en 15 April tevore ' n openbare vakansiedag op die verjaardae van onderskeidelik pres . MW Pretorius en pres . TF Burgers was , was 10 Oktober tydens Kruger se presidentskap ' n “ publieke feestdag ”. JF van Oordt wat Kruger goed geken het , het ook in 1898 in sy Paul Kruger en de opkomst der Zuid-Afrikaansche Republiek Kruger se geboortedag as 10 Oktober aangegee .
Die historiese metode vereis dat ons die mees waarskynlike bron naaste aan die gebeure moet aanvaar , in hierdie geval die geboorte- en doopregister – mits dit die toets van interne kritiek slaag .
En dis waar ' n paar onsekerhede insluip .
Die geboorte- en doopinskrywing is op dieselfde dag gedoen , nl . 19 Maart 1826 , vyf maande ná die geboorte . Alles is in die handskrif van ds . J Taylor . Hy skryf “ 1 October 1825 ”. Kruger se biograaf , prof . DW Krüger , beïnvloed deur die president se persoonlike aanvaarding van 10 Oktober , reken in 1961 dat Taylor eintlik “ 10 October ” bedoel het , maar ná die “ 1 ” oorgegaan het na die “ O ” van “ October ”.
Sou die ouers en getuies namens wie Taylor geteken het , in staat gewees het om te lees dat 1 Oktober miskien ' n fout was ? Dis moontlik verskoonbaar dat Taylor Kruger se voorname as Stephanus Johannis Poulus ( in plaas van Stephanus Johannes Paulus ) gespel het . Maar hy het aanvanklik Steenkamp in plaas van Kruger as die vader aangeteken , dit doodgetrek en Kruger geskryf .
Genoeg verwarring , dus .
Al het Kruger in sy herinneringe gefouteer deur die geboorteplek as Vaalbank aan te gee in plaas van Bulhoek , soos DW Krüger oortuigend redeneer , het hy darem seker van sy ouers sy korrekte geboortedatum verneem ? Hy was 8 jaar oud toe sy moeder oorlede is – as intelligente seun sou hy heel ontvanklik gewees het vir die geboortedatum wat sy aan hom sou deurgegee het .
Om met geen vaste sekerheid nie Kruger se geboortedag na 1 Oktober te verander , lyk in die huidige tydsgewrig nie vir my sinvol nie .
Prof . Fransjohan Pretorius ( Soos verskyn op Netwerk24 op 27 Oktober 2021 )
AFRIKAANS
26