Flink Oktober 2023 55 | Page 26

Voorouers en nasate van president Stephanus Johannes Paulus ( Paul ) Kruger
GENEALOGIE

Voorouers en nasate van president Stephanus Johannes Paulus ( Paul ) Kruger

eur die loop van my meer as 34 jaar

D betrokkenheid by genealogiese navorsing het ek dikwels die vraag gekry of ' n navraer moontlik familie van ' n bekende persoon is , of dikwels is daar ook mites in families dat ' n persoon ' n nasaat van ' n generaal of president is .

Vanjaar 198 jaar na die geboorte van die voormalige president van die Zuid-Afrikaansche Republiek en met die frase “ want wie vir hom ' n toekoms wil skep , mag die verlede nie uit die oog verloor nie ” vanuit die laaste boodskap van pres . Kruger ( gedateer te Clarens , Switserland op 29.05.1904 ) in gedagte , wil die FAK elke leser en belangstellende help om die verwantskap met die oud-president of ander voorouers te bepaal en sodanig met bewaring van persoonlike erfenis te ondersteun .
Die meerderheid KRUGER-vangenote spruit voort uit ' n tweetal stamvaders ( persoon in stamlyn wat eerste in nuwe vaderland arriveer het of oudste persoon in nuwe vaderland wat die familienaam dra ) en voortdurende navorsing bring altyd nuwe data na vore :
Ÿ
Jacob KRUGER ( familienaam ook as Cruger en Kröger in vroegste registers gespel .) Jacob is volgens sy testament te Sadenbeck , dist . Prignitz in die staat Brandenburg , Pruise ( vandag ongeveer 138 km noordwes van Berlyn in Duitsland ) gebore en wel op 28.06.1690 as seun Frantz KRÖGER / KRÜGER en Elisabeth HARTWIG , lidmate van die plaaslike Lutherse Gemeente .
Jacob arriveer volgens VOC-skeepsrekords in die Kaap op 29.01.1714 as soldaat per Middelwoud / Middelwout ( sien ook Resolusies van die Politieke Raad ). Hy het dus die verwoestende Dertigjarige Oorlog in Europa vrygespring . Hy ontvang enkele maande voor sy huwelik burgerskap aan die Kaap en tree te Kaap op 1.05.1718 met Jannetje / Johanna KEMP ( 1696-1778 ), die enigste dogter van die stamouers , Nicolaas KEMP en Cecilia SWERISSE in die huwelik .
Paul se voorouers in die derde geslag in die Kaap is Gerrit KRUGER ( 1750-1836 ) Susanna Lasya BUYS ( 1752-1802 ) met Gerrit wat voor sy afsterwe op die plaas Rheboksfontein , dist . Graaff-Reinet gewoon het .
Paul se grootouers is Stephanus Johannes KRUGER ( 1777- ) en Sophia Margaretha STEENKAMP ( 1782- ).
Paul is volgens sy doopinskrywing op 1.10.1825 ( nie 10 Oktober ) as tweede seun van Casper Jan Hendrik KRUGER ( 10.05.1801 - Buffelsfontein dist . Rustenburg 14.04.1852 ; vernoem na sy Steenkamp-oupa ) en Elsie Francina STEYN ( 1806-1834 ) gebore en te Cradock op 19.03.1826 met doopgetuies , Carel Petrus van WYK , Hester Hendrina Catharina STEYN , Jan Harm STEENKAMP en Catharina Maria STEYN ( NG Kerk Cradock doopregister , no . 1665 , p . 406 ) gedoop . Paul was maar nege jaar oud toe sy moeder oorlede is en sy vader is as 33-jarige vir die tweede keer en wel as vader van sewe minderjarige kinders met jongedogter , Hilletje Levina Ethresia née Du PLESSIS ( 1812- 1878 ) getroud . Die gesin vertrek in 1836 eers na Transoranje en in 1837 op die Groot Trek vlugtig na Natal . Die familie oorleef die slagting by Bloukrans en verhuis na die Slag van Italeni ( April 1838 ) saam met Potgieter na die Transvaal . Verskeie plase in die huidige distrik Potchefstroom , aan die Magaliesberg en dist . Ohrigstad is aan Casper Jan Hendrik Kruger toegeken .
SJP Kruger se eerste eggenote is Anna Maria Etresia du PLESSIS ( 1826-1846 ) en slegs een seuntjie is by geboorte oorlede . Paul is vir die tweede keer met ' n niggie van sy eerste eggenote , Gesina Susanna Frederika Wilhelmina du PLESSIS ( 1831-1901 ) getroud .
Uit sy tweede huwelik is sestien kinders , nege seuns en sewe dogters gebore . Vyf kinders is baie klein oorlede o . a . die tweelingseuns in 1862 en een seun is op 17 jaar oorlede . Die presidentspaar se kleinkinders sluit o . a . die familiename Du Plessis , Eloff , Kruger , Malan , Smit in .
Sy eggenote is te Pretoria op 20.07.1901 oorlede en Paul in ballingskap te Clarens , Switserland op 14.07.1904 oorlede . Sy stoflike oorskat is tydens ' n staatsbegrafnis op 16.12.1904 in die Kerkstraat-begraafplaas ( nou Heldeakker ) ter ruste gelê .
Ÿ
Hy sterf in die Sandveld op 29.10.1749 .
Johann KRUGER ( geb . Stralsund 1745 ) en hy arriveer 1765 as soldaat , boerkneg , burger in 1777 en tree ook te Drakenstein in Januarie 1777 in die huwelik met Maria Elizabeth VENTER . Nege kinders is uit hul huwelik gebore .
Vir verdere leeswerk raadpleeg gerus die volgende publikasies OF kontak FAK Genealogielessenaar vir raad en navorsingshulp by www . genealogielessenaar . com
HOGE J .: Personalia of the Germans at the Cape , 1652- 1806 . IN : Archives Year Book for South African History , Vol . 9 , 1946 . ( Cape Town , 1946 .)
Stephanus Johannes Paulus ( Paul ) KRUGER is ' n nasaat van eg . stamouers se tweede jongste seun , Hendrik KRUGER ( 4.04.1725 - ca . 1793 ) en Fransina CLOETE ( 1732-1811 ).
KRUGER Barry : Die KRUGER-familie van Suider-Afrika . ( GGSA , e-publikasie , 2007 ). Outeur woon intussen in Australë .
25 AFRIKAANS