Flink Oktober 2023 55 | Page 25

' n Replika van die Geloftekerk kan ook besigtig word en die geskiedenis van Bloedrivier word binne die groter konteks verduidelik en saamgevat .
Die WH Coetzer-saal en die Moerdijk-saal is elk ' n uitstalling van belangrike individue wat baie diep spore in die geskiedenis van die Voortrekkermonument getrap het .
Die Vrijheidsreis-uitstalling word anders aangepak as ' n tipiese museum-uitstalling , waar die besoeker nie net visueel die reis meemaak nie , maar waar die tonele met behulp van klank ook die besoeker oudiovisueel stimuleer .
Elke item , kunswerk en klank in die Vrijheidsreis-uitstalling kan met mekaar verbind word en dra historiese waarde . Berge was byvoorbeeld vir die Voortrekkers ' n baken en ' n bymekaarkompunt . Oral in die uitstalling word skilderye gesien van die berge wat die Voortrekkers langs die pad vergesel het . Dit is onder andere die Winterberg , die Blesberg , Kerkenberg , die Soutspansberg en die Magaliesberg .
Die Vrijheidsreis-uitstalling is ' n moet-sien vir enige iemand wat meer oor die Groot Trek wil leer en worstel met vrae oor vryheid .
Anneke Langner
AFRIKAANS
24