Flink Oktober 2023 55 | Page 24

KULTUURTUISTE

' n Reis na Vrijheid

oekom sal iemand alles agterlaat

Hwat hulle ken en trek ? Wat motiveer ' n persoon om die niks in te stap met ' n boksie vol besittings ? Sal jy dit doen ? Vandag , nou , besluit genoeg is genoeg en dan is jy net weg ? Hoekom ?

Vir die Voortrekkers was die rede vryheid .
Vryheid om self te regeer . Self te bou . ' n Nuwe toekoms te slyp . Self te besluit . Vir vryheid was hulle bereid , en het hulle gesterf . Vir vryheid het hulle Suid-Afrika met bloed gekoop . Dit is juis hierdie verhaal wat in die Voortrekkermonument se Vrijheidsreis-uitstalling vertel word .
Hierdie uitstalling kan gesien word as ' n tog deur die geskiedenis , vanwaar die Groot Trek sy ontstaan gekry het , tot by die uiteindelike vryheid wat dit gebring het .
Vir die eerste keer in die monument se geskiedenis word jy op alle vlakke deur ' n reis geneem wat intrinsiek met mekaar verband hou en verbind is . As ' n voorbeeld kan jy in die Heldesaal Piet Retief se onderhandelingstafel en waterfles op die friese sien . Op die tapisserie in die Senotaafsaal word dieselfde voorwerpe uitgebeeld en nou vir die eerste keer in die geskiedenis kan jy die werklike voorwerpe op uitstalling in die nuwe museum sien .
Persoonlike items van leiers vanuit die Groot Trek soos Sarel Cilliers en Piet Retief word as deel van hierdie reis vir die eerste keer in die geskiedenis by die Voortrekkermonument uitgestal .
Noemenswaardige gebeure vanuit die Groot Trek word in dié uitstalling uitgebeeld , soos die veldslae by Vegkop en Bloedrivier . Daar is ook ' n indrukwekkende uitstalling wat die Zoeloe-leër onder Dingaan voorstel en die gebeure by Bloedrivier simbolies uitbeeld .
23 AFRIKAANS