Flink Oktober 2023 55 | Page 37

Word ' n
FAK-VRIEND klik hier
Voortrekkerleier , wat tot sy laaste asem sy mense gedien en gehelp het , se grafblad is stukkend geslaan in net nog ' n gruwelike daad om Afrikanergeskiedenisbakens te verniel . Maritz se graf kan by die Bloukransmonument naby Estcourt in KwaZulu-Natal besoek word .
Die FAK het tydens ' n geskiedenistoer in Mei vanjaar dié monument besoek en op die erfenisvandalisme afgekom . Nie net is Maritz se graf geskend nie , maar ook die friestonele op die Bloukransmonument self is gevandaliseer . Volgens gemeenskapslede in die omliggende areas , is dié blad deur jong booswigte stukkend geslaan .
Nadat die FAK in samewerking met die Erfenisstigting die nodige goedkeuring by Amafa , die provinsiale erfenisliggaam , bekom het , word die blad in Oktober vervang .
Maritz is 1895 by die Bloukransmonument herbegrawe .
Ingrid Jonker word onthou
het op 9 Augustus 2023 die 100-jaar Groot Trekherdenkingsklippe op ' n berg net buite Rustenburg weer geverf .
Hierdie inisiatief van die FAK vorm deel van die Groot Trek 185-jaar-herdenkingsprojekte wat geskiedkundige bakens wil beskerm en onderhou . Die klippe is nou weer duidelik sigbaar op Rustenburg se heuwels en herinner elkeen wat dit sien van hierdie belangrike gebeurtenis wat 185 jaar terug gebeur het .
FAK vervang Gerrit Maritz se vernielde grafblad
Vanjaar merk 58 jaar sedert die geliefde digteres Ingrid Jonker die see ingestap het by Drieankerbaai in die Kaap . Op 19 September 2023 , 90 jaar na Jonker se geboortedag , het die FAK haar vereer met ' n grafbesoek en op 16 September is ' n gedenklesing gehou om haar lewe en werk in die bevordering van Afrikaanse digkuns te vier .
Jonker was ' n geliefde digteres wat mense vandag nog steeds inspireer . Die FAK se gedenklesing , in samewerking met die Suid-Afrikaanse sentrum vir Nederland en Vlaandere ( SASNEV ) van Jonker op die 16de September , het hierdie stelling bevestig .
Die FAK wil met geleenthede soos hierdie mense met ' n liefde vir die Afrikaanse kultuur en taal saambring om ons erfenis te vier .
Op 19 September 2023 het ' n groep van die FAK en familie van Jonker by Jonker se graf in Maitland-begraafplaas bymekaargekom . Jonker se graf is opgehelder met geel , oranje , groen , pienk en wit blomme .
185 jaar gelede , op 23 September 1838 , is die Voortrekkerleier , held , magistraat en wamaker Gerhardus Marthinus ( Gerrit ) Maritz aan koors oorlede . ' n
Die FAK is dankbaar vir elkeen wat deelgeneem het om Jonker se lewe te herdenk .
Anneke Langner
AFRIKAANS
36