Flink Oktober 2023 55 | Page 16

STORIES

Kan jy nou meer : Kitsfeite oor Paul Kruger

( wat jy dalk nie geweet het nie )

rygsman , staatsman , familieman : Dít is Stephanus Johannes Paulus ( Paul ) Kruger . Oom

KPaul , soos hy in die volksmond bekend geword het , is een van die land se bekendste historiese leiers en feite van sy lewe is in vele boeke vasgelê , maar hier is so paar feite wat jy ......... dalk nie geweet het van dié bekende man nie .

Genesis , Eksodus , Levitikus ...
Paul Kruger het die Bybel byna uit sy kop geken . Kruger het slegs drie jaar formele skoolonderrig ontvang , maar ten spyte daarvan het dié wyse man die Bybel so te sê uit sy kop uit geken . Volgens oorlewering het Kruger die Bybel as sy enigste bron van kennis geag en het hy ook hierdie waardes en kennis aan sy kinders oorgedra . ook verewig in verskeie plekke in Suid-Afrika soos Krugersdorp of die Krugerwildtuin . Mamelodi , noordoos van Pretoria , se naam is volgens oorlewering ook afkomstig van Kruger . Mamelodi , “ die fluitende man of moeder van melodieë ”, was Kruger se bynaam onder die plaaslike swart stamme . Hy het dié bynaam gekry vir sy fluitvernuf en ongelooflike vermoë om voëlgeluide na te maak . Kruger se nalatenskap is egter nie net in Suid-Afrika nie en word hy ook vereer in Den Haag , Nederland , waar daar vandag nog ' n deel bekend as Paul Krugerplein staan .
Ek kan nie my vinger daarop lê nie ...
Kruger was ' n kranige skut , maar ten spyte van sy vernuf met ' n geweer het hy sy een duim in ' n skietongeluk verloor toe die geweer waarmee hy geskiet het , gebars het .
Van waar , Gehasi ?
Dit is geen vreemde verskynsel om plekke te vernoem na helde uit die geskiedenis nie . In die VSA het ons Washington DC , vernoem na George Washington , Beethovenstraße in Oostenryk en op plaaslike bodem Pretoria , vernoem na Andries Pretorius . Só vereer ons al vir jare die helde uit ons geskiedenis . Paul Kruger se naam is
Van walaer tot loopgraaf
Krugerwildtuin
Paul Kruger het al as jong seun sy stempel afgedruk op die oorlogsveld en slegs nege dae ná sy 11de verjaarsdag aan sy eerste veldslag deelgeneem , tydens die Slag van Vegkop op 19 Oktober 1836 . Hiér het ongeveer 6000 Ndebele die Potgieter-trek aanval . Na die geveg is 1137 assegaaie in die laer opgetel . Twee Voortrekkers en 430 Ndebeles is gedood . Al die Voortrekkers se vee , waaronder 4600 beeste , 100 perde en 50 000 stuks kleinvee , is gesteel .
15 AFRIKAANS