Flink Oktober 2023 55 | Page 15

Van ' n plaasdorpie tot ' n hoofstad vir Transvaal wat op wêreldstandaard was in een dekade . Ek belowe oom ons huidige regering met al die moderne tegnologie sal dit nie vandag kan regkry nie .
Liewe oom Paul , ek wil nie net vir oom ' n klomp vrae vra nie . Ek wil darem ook vir oom ' n bietjie goeie nuus gee . Op 16 Desember 1888 het oom ' n skare by Bloedrivier toegespreek toe julle daar was om die Gelofte te herdenk . Oom het daar gesê dat ' n monument gebou moet word om die grootsheid van die daad van die Voortrekkers te herdenk . Oom se idee het neerslag gevind en ' n werklikheid geword .
Dankie vir dit wat oom vir ons nagelaat het . Ons werk elke dag hard om dit te beskerm .

Groete

Jaco Cilliers
Die Voortrekkermonument is vandag die grootste van sy soort in die hele land . Die hoeksteen is plegtig in 1938 gelê en op 16 Desember 1949 , een en sestig jaar na oom die gedagte gehad het , is die Voortrekkermonument se deure amptelik geopen . Die monument staan op ' n koppie in Pretoria . Dit is juis hier gebou sodat die hele Pretoria dit kan sien en dit as ' n baken van hoop vir ons mense kan bly staan . Die personeel en bestuur van die monument het in 2022 die museum nuut ingerig . Ons vertel die storie van die Groot Trek vir almal wat ons besoek , en oom staan as ' n sentrale figuur in daardie storie . Inteendeel , ons sluit die verhaal af met oom wat die president van die ZAR is , en wat Pretoria ontwikkel tot ' n magtige hoofstad .
Oom Paul , oom sal seker nie die land herken as oom hom vandag moes sien nie . Die grense het geskuif , die name het verander , stede het gegroei , en ons het nou meer uitlanders as wat oom ooit kon raai . Een ding bly egter steeds onveranderd . Dieselfde strewe na vryheid , veiligheid en voorspoed wat oom se ouers genoop het om te trek , en wat oom gemotiveer het om die president van die ZAR te wees , brand vandag steeds in ons en solank as wat daardie strewe na vryheid in ons brand , sal daar steeds hoop wees .
AFRIKAANS
14