Flink Oktober 2023 55 | Page 14

STORIES

Liewe oom

Paul ... om ken my dalk nie , maar deur al die

Oboeke en artikels en video ’ s wat al oor die jare oor oom gemaak is , voel ek dat ek oom al tot ’ n groot mate ken . Ek dink ook oom sal verbaas wees om te weet wat die geskiedkundiges en akademici al oor oom geskryf het . Oom se lewe is al behoorlik ontleed , van die beginjare op Bulhoek daar naby Steynsburg tot by oom se sterfte in Switserland , en alles tussenin .

Oom sal moontlik van die stories goed onthou . Oom se eerste leeu wat oom as jong seun gejag het geniet nogal baie aandag . Die oorlog is natuurlik een van die grootste besprekingspunte , en dan ook die miljoene ponde wat oom met die trein laat wegry het uit die Transvaal toe die Engelse oor die grense begin stroom . Almal wil weet waar dit heen is . Sal oom my dalk kan vertel ? Het oom dit iewers laat begrawe , of is dit saam met oom na Europa om daar te betaal vir oom se onkostes om simpatie vir die boere by die Europeërs te kry ?
Iets waaroor ek al baie gewonder het , is oom se lewe as jong seun op die Groot Trek . Oom was maar ' n klein seuntjie van omtrent 11 jaar oud toe oom moes help om voorlaaiers te laai en aan te gee tydens die Slag van Vegkop . Dit is amper ondenkbaar in vandag se lewe om te dink dat so ' n klein seuntjie al aan so ' n verskriklike geveg moes deelneem . Ek wonder dikwels wat oom se ervaring hiervan was . Was oom bang ? Het oom gedink julle gaan dit oorleef terwyl die krygers een aanval na die ander op die laer loots ? Het oom na daardie slag nagmerries gehad oor assegaaie , en voorlaaierskote en ' n gillende bende wat op oom afstorm ?
Ek wonder ook soms of oom toe alreeds besef het in watter geselskap oom was . Oom het die voorreg gehad om ' n laer te deel met kommandant Andries Hendrik Potgieter en oom Sarel Cilliers . Het oom hulle persoonlik geken , of maar net van hulle geweet ? Ek wil graag dink dat oom hulle geken het , en dat oom by hulle geleer het . Vandag in 2023 kyk ons terug na die verhaal van die seun wat op die trek was en later die president van die republiek geword het . Dit is so simbolies gepas om te dink dat een van die kinders , vir wie die trekkers ' n beter toekoms wou hê , toe grootgeword het om aan die stuur van die onafhanklike republiek te staan . Maar het oom op 11 jaar oud verstaan waarom oom trek , of het oom getrek omdat die grootmense so gesê het ?
Myns insiens is een van die grootste prestasies waaroor daar seker die minste geskryf word , oom se visie om ' n wêreldstad in Pretoria te vestig . Met oom se dryfkrag en Sytze Wierda se argitektuur het Pretoria uit die dorre landskap verrys .
13 AFRIKAANS