Flink Oktober 2023 55 | Page 13

Beeld van versoening
Paul Kruger was as kind deel van die Potgieter-trek tydens die Groot Trek .
Rustenburg het rondom die Hervormde Kerk ontwikkel en op die dorp se Kerkplein in 1852 , het die twee Voortrekkerleiers , Andries Pretorius en Hendrik Potgieter mekaar oor die Bybel die hand gegee en met mekaar versoen geraak .
Seringboom – Stigting van die Gereformeerde Kerk
Op 10 Februarie 1859 was Paul Kruger betrokke by die stigting van die Gereformeerde Kerk ( Dopperkerk ) van Suid- Afrika . Kruger sou later eers as president van die ZAR verkies word .
Die beeld is in die tagtigerjare op die Kerkplein onthul en later , toe die plein onveilig geraak het , het die Hervormde Kerk geskuif na net buite Rustenburg en die beeld is toe ook daarheen verskuif .
Die seringstomp wat die stigting van die Gereformeerde Kerk in Rustenburg voorstel
Die toergroep saam by die versoeningsbeeld tussen Andries Pretorius en Hendrik Potgieter by die Gereformeerde Kerk in Rustenburg .
Kruger-standbeeld
Voor die stadsaal in Rustenburg is die standbeeld van ' n peinsende Paul Kruger . Die beeld is in 1900 deur die Franse beeldhouer Jean George Archard gemaak .
Boekenhoutfontein en Kedar Lodge Museum
Boekenhoutsfontein is die plaas wat Paul Kruger uiteindelik gekoop het in Rustenburg . Hier kan ook die Kedar Lodge Museum gevind word met verskeie interessanthede .
Op die plaas kan die oudste modderhut , of hartbeeshuisie , in die noorde van die land gevind word – die tydelike huis waarin Paul Kruger gewoon het , terwyl sy permanente woning gebou is .
Daar word beplan om hierdie toer DV weer in 2024 aan te bied .
Marné Pienaar
Die toergroep voor Paul Kruger se huis op Boekenhoutfontein
Die Krugerbeeld voor die stadsaal in Rustenburg
Kruger se tydelike hartbeeshuis op Boekenhoutfontein is die oudste hartbeeshuisie in die Noorde van Suid-Afrika
AFRIKAANS
12