Flink Oktober 2023 55 | Page 12

NUUS

Rustenburg-toer vier Kruger se erfenis

Kruger se standbeeld voor die stadsaal in Rustenburg
resident Paul Kruger is vir alle

PAfrikaners ' n held en inspirasie .

So ook in besonder het Paul Kruger diep spore in die Rustenburgse sand getrap . Alhoewel Pretoria as die setel van Kruger se regeringstydperk was , het Kruger homself in Rustenburg gevestig en is dié dorp se geskiedenis verweef met dié van Kruger .
Die punte van belang waarlangs die toer beweeg het :
Waterkloof , Paul Kruger Lodge
Die toer skop af by die plaas Waterkloof , wat die eerste woning van President Kruger in Rustenburg was .
Die plaas is vandag in besit van Human Jordaan en staan bekend as President Paul Kruger Lodge . Jordaan woon nou al 34 jaar al op die plaas en is die sesde eienaar van die plaas .
Die oorspronklike geboue bestaan nog vandag en word gebruik as ' n gastehuis .
Die FAK se kultuurnetwerk in Rustenburg herdenk jaarliks die nalatenskap van Paul Kruger rondom Heldedag wat op 10 Oktober plaasvind met ' n toer deur die dorpie , wat soveel bande met die president het .
Vanjaar het meer as 40 mense die historiese roete meegemaak . So was die FAK-Rustenburg-Kultuurnetwerk , die Magalieskruin Voortrekkers , die Peglerae Damesklub , die Dameskring , die Vroue Landbou-unie en verskeie nuuskieriges vanuit die publiek saam op toer .
Paul Kruger se eerste woning in Rustenburg , Waterkloof
11 AFRIKAANS