Flink Oktober 2023 55 | Page 11

NUUS
Word ' n
VTM-VRIEND klik hier

' n Man met die HART VAN ' N LEEU

Paulus Krüger by die beeld waarvoor hy ook die model was
' n Bekende Groot Trek-legende vertel dat Paul Kruger as jong seun op die Groot Trek was en ' n leeu geskiet het . Daar was ' n leeu wat die trekkers se perde en beeste gevang het en voortdurend ' n probleem was vir die Trekgeselskap . ' n Klomp mans het besluit om op ' n leeujag te gaan en 14- jarige Paul Kruger moes by die perde staan en hulle oppas .
Terwyl die jong Kruger alleen die perde oppas , gewaar hy die leeu wat in die veld hardloop – reg op hom en die perde af . Kruger het oomblikke gehad om te dink en te reageer . Hy het die leeu met een skoot platgeskiet . Die leeu was so naby dat hy reg voor Kruger se voete geval het .
Op Paul Kruger se 198ste verjaarsdag is hy vir sy dapperheid onthou met ' n oorspronklike bronsbeeld wat in die Historiese Trekroetetuin by die Voortrekkermonument onthul is . Hierdie beeld is gemaak deur die beeldhouer Jaco van Niekerk en beeld ' n 14-jarige Kruger uit waar hy die leeu skiet . geleentheid by te woon . Die 14-jarige Paulus Krüger was ook die model vir die beeld .
Die jong Paulus vertel dat dit hom trots maak om te dink dat Paul Kruger net so oud was soos hy toe hy die leeu geskiet het .
“ Dit is vir my ' n groot voorreg om die model te kon wees vir hierdie beeld en ek is bly daar is plekke soos die Voortrekkermonument wat ons erfenis bewaar .”
Die FAK en Voortrekkermonument wil graag mense uitnooi om deur die Trekroetetuin te kom stap en die stories kom beleef . Daar is baie ander verhale van dapper mense met leeuharte wat nie teruggestaan het vir uitdagings oor hulle pad nie .
Anneke Langner
Die Trekroetetuin beeld die roetes van die Groot Trek-leiers uit en vertel die belangrike verhale van die trek , daarom is dit gepas vir die beeld om hier te staan . Die FAK het hierdie beeld vir die Voortrekkermonument geborg .
Barry Müller , kultuurkoördineerder van die Noordelike provinsies , vertel oor die belangrikheid van hierdie beeld om Paul Kruger te onthou .
“ Al van kindsbeen af het Paul Kruger gewys watter dapper man hy is . Ons wil hom op sy 198ste verjaarsdag erken vir die diep voetspore wat hierdie vooruitstrewende man gelos het op ons Afrikanerlandskap .”
Op die dag van die beeldonthulling by die Voortrekkermonument , het drie nasate van Paul Kruger al die pad van Somerset-Wes in die Kaap af gereis om die
Isabel Krüger , Paulus Krüger , Paul Krüger en Jaco van Niekerk
Foto : Anneke Langner
AFRIKAANS
10