Flink Oktober 2023 55 | Page 10

STORIES

Waar ' s oom Paul se ponde

nou ?

ie Kruger-miljoene ; mite , legende ,

Dwolhaarstorie of werklikheid . Noem dit wat jy wil , maar die goue munte het die ganser wêreld al vir jare aan die gons – Het dit bestaan ? Hoeveel is dit werklik werd ? Waar is oom Paul se ponde nou ?

Die Kruger-miljoene of Kruger-ponde verwys na ' n skat wat na bewering teen die einde van die Anglo-Boereoorlog deur of in opdrag van pres . Paul Kruger versteek is . Besonderhede oor die grootte van die skat verskil aansienlik en daar is oor die jare al baie soektogte na hierdie skat onderneem , maar helaas weet niemand nog waar hierdie ponde is nie ... Is dit dalk “ in Ermelo in oom Gert se skuur ” of dalk selfs iewers op die blaaie van die Flink-tydskrif ?
Flink vier vandeesmaand die lewe van oud-president SJP ( Paul ) Kruger en daarmee saam wil ons die vraag stel : “ Die Kruger-miljoene ; mite , legende , wolhaarstorie of werklikheid ?”
In hierdie uitgawe van die Flink is ons sélf op soek na hierdie waardevolle historiese skat en jy is genooi om deel te neem aan die skattejag .
Regdeur die Kruger-uitgawe van Flink het ons ' n pond of twee versteek en as jy almal kan opspoor , wag daar moontlik vir jou ook ' n skat aan die ander kant .
Een gelukkige leser wat die hele skat kon vind , staan ' n kans om lekker pryse te wen .
Deel in die pret en soek saam met ons na een van ons land se grootste skatte en as jy almal kry , laat weet ons by fc @ kultuurtuiste . org . za . Stuur vir ons jou naam en kontakbesonderhede saam met jou e-pos sodat ons jou kan kontak indien jy ' n wenner is .
FC Pelser
9 AFRIKAANS