Flink Oktober 2023 55 | Page 17

Hierdie veldslag is ook verewig in die Voortrekkermonument se Heldesaal . Op dié friespaneel verskyn ' n seuntjie met kruithoring voor in die laer wat die 11-jarige Kruger voorstel . Louis Jacobs , ' n agterkleinkind van Paul Kruger het as model vir dié fries opgetree . Later was Paul Kruger ook ' n ooggetuie van die afgryslike Bloukransmoorde en op 13-jarige ouderdom het hy ook deelgeneem aan die strafekspedisie teen Silkaats by Silkaatsnek . Sy vermoë om akkuraat te kon skiet , was volgens oorlewering onmisbaar ! Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het hy bewys dat hy ook ' n briljante strateeg is en het hy die guerillaoorlogmetode help verfyn .
Oom Paul en sy tweede vrou , Gezina , het 16 kinders gehad . Teen die tyd van Gezina se afsterwe in 1901 , het 31 van hul kinders en kleinkinders in die veld aan die Anglo- Boereoorlog deelgeneem .
Dis tyd vir ' n leeujag
Paul Kruger was baie lief vir jag . Daar word beweer dat hy in sy leeftyd tussen 30 en 40 olifante , vyf seekoeie en vyf leeus geskiet het . As 14-jarige hy ' n paar jagters tydens ' n leeujagekspedisie vergesel . Omdat hy die jongste lid van die groep was , moes hy die perde oppas toe ' n leeu die perde bespring . Hy het die leeu , tot die verbasing van die ouer mans in die geselskap , net op die regte oomblik geskiet . Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge het vanjaar besluit om hiérdie ongelooflike gebeurtenis te verewig in ' n beeld van die bekende beeldhouer Jaco van Niekerk . Van Niekerk is verantwoordelik vir verskeie miniatuurbeelde in die Voortrekkermonument se Trekroetetuin en vanjaar het hy ook ' n nuwe beeld geskep van die 14-jarige Kruger tydens dié leeujag . Kruger se agterkleinkind Paulus ( SJP ) Kruger is as model van die beeld gebruik .
President van die ZAR
Kruger is in 1882 , in die ouderdom van 57 verkies as die president van die Zuid-Afrikaansche Republiek . As deel van die sogenaamde “ Transvaalse Driemanskap ,” saam met Piet Joubert en MW Pretorius , het Kruger leiding geneem in die Transvalers se stryd om hul onafhanklikheid terug te kry , wat gelei het tot die Eerste Vryheidsoorlog ( 1880-1881 ). Hy het uiteindelik vier termyne in dié amp gedien .
Paul die familieman
Bring die kloutjie by die oor
So misterieus soos die ou Kruger-miljoene is ' n president wat ' n oorbel dra , maar sowaar , Oom Paul het ' n oorbel gedra . Dié oorbel was egter nie ' n blote modegier nie , maar het gehelp met artritis .
FC Pelser
AFRIKAANS
16