Ÿ
Die Heldeakker-samewerkingsinisiatief . Quentin Meyer is die voorsitter van die FAK se Noord-vandie-Berg-Kultuurnetwerk en is deur die Tshwanemetroraad aangewys as die opsigter van die Heldeakker . Verskeie organisasies het byeengekom en sorg dat die Heldeakker skoon en netjies bly en dat die geskiedenis bewaar word .
Ÿ Brits 100 : Die dorp het sy eeufeesviering in 2023 gevier . Die FAK se Kultuurnetwerk het die Eeufeesmonument by Laerskool Brits opgerig .
Ÿ
Deur die skoonmaak van grafte binne die verskeie netwerke volg bewusmaking van die figure wat diep spore in Suid-Afrika se geskiedenis getrap het . So volg nuwe belangstelling in die geskiedenis .
Die FAK Afrikaanse Liedjietuin
Ÿ
Ÿ
Die FAK het in 2013 die Afrikaanse Liedjietuin tot stand gebring en vereer jaarliks verskeie Afrikaanse kunstenaars met ’ n liedjiebord in dié pragtige rosetuin .
Die FAK het einde 2023 ’ n nuwe jeugbeweging aangekondig , die FAK Jeug .
Die FAK Jeugsimfonieorkes tydens ’ n optrede in die Senotaafsaal by die Voortrekkermonument .
Ÿ
Ÿ
Ÿ
Ÿ
Ÿ
Ÿ
Die FAK se Jeugsimfonieorkes is tot stand gebring in 2022 en het in 2023 reeds verskeie suksesse behaal met opvoerings saam met kore regoor die land .
Die FAK het teenstand gebied teen die voorstel om die Afrikaanse Taalmonument se naam te verander om meer “ inklusief ” te wees .
Vir die FAK is die ontwikkeling van ons Afrikaanse jeug ook belangrik . Die FAK bied vanjaar vir die 11de jaar die FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo aan , waar die jeug en selfs studente kreatief kan raak in Afrikaans .
Die bevordering van geskiedenis onder die jeug is ook ’ n prioriteit en word die FAK Internasionale Geskiedenisolimpiade vanjaar vir die vyfde keer aangebied aan skoolleerlinge . Belangrike geskiedkundige gebeure vanuit Suid-Afrikaanse geskiedenis , veral Afrikanergeskiedenis , is die fokus van hierdie olimpiade , aangesien dit grotendeels nie by die skoolkurrikulum ingesluit word nie .
Die FAK het ook begin met 3D-skanderings van standbeelde en monumente sodat daar ’ n digitale kopie is in die geval van vandalisasie of verwoesting daarvan .
KUNDRAMUS – Kuns , drama en musiek word gevier in samewerking met die Voortrekkermonument . Die KUNDRAMUS-galery is in 2023 geskep vir die ontwikkeling en bevordering van kuns , drama en musiek in Afrikaans .
“ Die FAK het diep spore in ons geskiedenis getrap . Van die begin af het die FAK gebou aan ’ n tuiste vir Afrikanerkultuur en ons het die voorreg om daardie werk voort te sit en daarin te volhard . Toe dr . NJ van der Merwe die taak aangeneem het , het hy geweet hoe groot die werk is . Ons skryf die volgende hoofstuk in Afrikanergeskiedenis en doen so met trots , geanker in ons geloof ,” sê Danie Langner , besturende direkteur van die FAK .
Tuiste . Trots . Toekoms .
Dít is die FAK . Die FAK se geskiedenis en die geskiedenis van Suid-Afrika is nie net inmekaar gevleg nie , maar onafskeidbaar van mekaar .
Met dankbaarheid kyk ons vorentoe en weet dat dit elke dag vir die FAK ’ n Erfenisskattedag is .
Deur die volgehoue ondersteuning en bydraes van die vriende van die FAK , word die werk getrou voortgesit in 2024 en sal die FAK voortgaan om te bou aan ons gemeenskap , erfenis en taal .
Marné Pienaar
AFRIKAANS
8