DINK
KAN EK
SE F ?
ns leef in ' n tyd waarin daar
Oal meer teleurstellings is oor openbare dienste . Veral in Suid-Afrika , maar ook in my land Namibië , het sekere dienste verval . Korrupsie en omkopery het algemeen geword . Daarom is die slagspreuk “ Ons sal Self ” gebore om mense wat selfrespek het , aan te moedig en saam te snoer om iets positiefs aan hulle leefwêreld te doen .
So is daar Christelike Afrikaanse Privaatskole in Namibië opgerig , talle nuwe entrepreneurs het na vore gekom , terwyl daar nuut gedink word oor die toekoms . Die werk wat in Suid-Afrika onder leiding van Solidariteit gedoen word , gryp die verbeelding aan en is lofwaardig .
DIE BRON VAN KRAG In ons Afrikanerkultuur is die erfenis bewaar om vanuit ons Christelike beginsels te beplan en te arbei . Daarom wil ons graag die etiket “ koninkryksdiens ” dra , diens in gehoorsaamheid aan ons Koning Jesus Christus . Dit plaas tegelyk ' n gewigtige verantwoordelikheid op leiers en besture om hierdie etiket waardig te bly .
Teen hierdie agtergrond word die slagspreuk “ Ek sal Self ” krities beoordeel . Die Stoïsynse filosofie , wat nog aktief
9 AFRIKAANS