Flink Januarie 2024 56 | 页面 8

Tydens ’ n konferensie op 17 en 18 Desember 1929 is die FAK tot stand gebring en is dr . NJ van der Merwe as die eerste voorsitter verkies .
Byna 300 afgevaardigdes van verskillende kultuurorganisasies oor die hele land en selfs uit Namibië ( destyds Suidwes-Afrika ) het die kongres , genaamd die Afrikaanse Taal- en Kultuurkonferensie , bygewoon .
“ Ek heet u welkom tot ’ n kongres wat ’ n verdere skof op die trekpad van die Afrikaner beteken . Daar lê ’ n lang en swaar skof tog agter die rug , en ons bring hulde aan die manne en vroue wat in die verlede gelei en gedryf en volhard het . Ons eer God , wat ons volk bewaar en gelouter het .”
Só het dr . NJ van der Merwe die kongres geopen . Dr . Van der Merwe het die fondasie gelê waarop die FAK vandag voortbou .
Historiese datums in die FAK se geskiedenis
Ÿ
In 1931 word die Sentrale Volksmonumentekommissie as eerste komitee van die FAK gestig wat die Voortrekkermonument tot gevolg gehad het . Ook die Ossewabeeld by die Bloedrivier-erfenisterrein , die Voortrekkermonument in Winburg en die Retiefstandbeeld by die Geloftekerk in Pietermaritzburg het deur hierdie komitee die lig gesien .
Die inhuldiging van die Voortrekkermonument in 1949
Onlangse geskiedenis
Ÿ
In onlangse geskiedenis het die FAK weereens ’ n kritiese rol in die beskerming van die Voortrekkermonument ingeneem . In 2021 het die FAK as bestuur van die Voortrekkermonument oorgeneem om die monument vanuit ’ n finansiële krisis te red .
Ÿ
Ÿ
Ÿ
Ÿ
Op 7 Maart 1931 word die eerste komitee vir die FAK- Sangbundel aangestel .
Ook het “ Die Stem van Suid-Afrika ” die volkslied geword . Die FAK het ’ n gedigtekompetisie van stapel gestuur om ’ n geskikte lied te vind . CJ Langenhoven het sy gedig ook in die hoed gegooi en dit is eenparig deur die keuringskomitee gekies .
Ÿ Op 7 Junie 1937 , tydens die FAK se Algemene Vergadering is die eerste eksemplaar van die Volksangbundel aan die voorsitter , dr . NJ van der Merwe , oorhandig . Toe die Hersiene Sangbundel in 1961 verskyn het , is reeds 60 000 eksemplare verkoop .
Ÿ
Tydens die Groot Trek se eeufeesviering in 1938 het die FAK ook ’ n sleutelrol gespeel in die vieringe .
’ n Christelike fondasie in onderwys is in 1939 tydens die CNO- ( Christelike Nasionale Onderwys- ) kongres bespreek .
1949 het die FAK ook sy aandeel gehad in die inhuldiging van die Voortrekkermonument .
Ÿ
Ÿ
Dit is ’ n eer en ’ n voorreg om die Voortrekkermonument te beskerm en broodnodige kulturele ontwikkelinge en herlewing aan die publiek te verskaf .
Die stryd om beskerming en bewaring van Afrikanererfenis is groot . Daarom steun die FAK op gewillige hande vanuit gemeenskappe om die voortbestaan van historiese bakens te verseker . In Desember 2020 het FAK-kultuurnetwerke posgevat . Verlede jaar het die FAK die Ermelo-Kultuurnetwerk trots as sy 33ste kultuurnetwerk gestig . Elke week in verskeie gemeenskappe regoor Suid-Afrika kom doodgewone landsburgers byeen en stel hulself diensbaar vir hierdie groot taak .
Noemenswaardige impak van die FAKkultuurnetwerke : Ÿ Die Carolina Burgermonument , na die Zuma-optogte twee jaar gelede waar die monument erg beskadig is , kan die monument se restourasie vanjaar voortgaan .
Ÿ
Ÿ
Ÿ
Die FAK het , nadat die beeld en grafblad by Paul Kruger se graf gevandaliseer is , ’ n nuwe beeld laat oprig en die stukkende beeld gerestoureer .
De la Rey se graf is ook gerestoureer nadat die bronsbeeld gesteel en die graf gevandaliseer is . ’ n Nuwe beeld is opgerig , ’ n presiese replika van die vorige een .
Springs Wêreldoorlogmonument is deur die FAK- Oosrand-Kultuurnetwerk opgeknap . Hierdie projek het ’ n trots in die gemeenskap geskep , en die dorp is vandag pragtig skoon en die monument is weer tot die vorige glorie herstel .
7 AFRIKAANS