NUUS
Word ' n
FAK-VRIEND klik hier
95 jaar van die FAK in 2024
ir byna ’ n eeu kan die Afrikaner-
Vgemeenskap op die FAK staatmaak vir die ontwikkeling en beskerming van Afrikanergeskiedenis , -erfenis en Afrikaans as taal .
Stigting van die FAK
95 jaar gelede het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge ( FAK ) die taak aangepak om die Afrikanerkultuur te bevorder . 95 jaar later floreer die FAK en groei Afrikanererfenis van krag tot krag .
Vandag spog die FAK as die oudste bestaande kultuurorganisasie in Suid-Afrika . Ons vier ons Afrikanergeskiedenis , ons pragtige Afrikaanse taal , ons kultuurerfenis , Afrikaanse musiek en ons voorgangers wat die weg vir ons gebaan het . Ons herdenk ook die suksesse wat die uitnemende organisasie al vermag het .
Die eerste uitvoerende komitee van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge in 1929 ( van links na regs ): IM Lombard , dr . NJ van der Merwe ( voorsitter ), LJ Erasmus , prof . TJ Hugo ( ondervoorsitter ) en prof . EC Pienaar .
AFRIKAANS
6