Flink Januarie 2024 56 | Page 5

Op 15 Desember 1877 het hy verloof geraak aan Truida Hofmeyr , die dogter van prof . NJ Hofmeyr . Deur sy huwelik het hy die swaer geword van drie NG-predikante , naamlik di . Nicolaas Hofmeyr , Jan Hofmeyr en Adriaan Hofmeyr . In September 1880 het hy na Europa vertrek om sy teologiese studies voort te sit . Hy het in die Nederlandse stad Utrecht onder prof . Nicolaas Beets gestudeer . Hy het privaat lesse in Frans geneem ; hy het die taal vlot leer praat en sy kennis van Grieks en Hebreeus het gemaak dat hy altesaam vyf tale magtig was . In Augustus 1881 het hy na Suid-Afrika teruggekeer en sy studies aan die kweekskool voortgesit . Hy is in Oktober daardie jaar as predikant van die NG Kerk bevestig .
Nadat hy ' n beroep na Lindley in die Vrystaat bedank het , is hy in 1881 as hulppredikant van die NG-gemeente Dutoitspan aan die diamantvelde van Kimberley bevestig . Hy is in 1882 met Truida Hofmeyr getroud en ' n maand later , op 25 Maart , as predikant van die NG-gemeente op Kimberley bevestig . Die lot van die kinders en vroue van die delwerye het hom en sy vrou só aangegryp dat hulle die Newton-tehuis gestig het om hulp te verleen . Tydens die Anglo-Boereoorlog het hy as kapelaan en veldprediker van die Harrismith-kommando gedien . Omdat die Engelse hom en sy gesin verbied het om die pastorie op Harrismith te woon , het sy vrou en kinders tydens die oorlog by familie in Pietermaritzburg gewoon terwyl sy vyftienjarige seun , Charles , hom na die slagveld vergesel het . In Junie 1901 het die Engelse hom saam met ander Boere gevange geneem en hulle in ' n kraal by Graspan naby Reitz aangehou . Dieselfde middag het ' n aantal boere hulle na ' n hewige geveg bevry . Sy seun Charles is in Oktober 1901 gevange geneem en as krygsgevangene op Ladysmith oorlede . As sekretaris van die Boeremagte het ds . Kestell ' n belangrike rol tydens die vredesonderhandelinge gespeel en die amptelike notule geskryf vir die onderhandelings wat op die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 uitgeloop het .
In Februarie 1903 is Kestell na die NG-gemeente Ficksburg beroep . Reeds ' n paar maande na sy bevestiging het ds . Kestell hom beywer vir die bou van ' n nuwe kerkgebou en op die gemeentevergadering van 25 Julie 1903 is daar besluit dat ' n monument ter nagedagtenis aan die gesneuweldes van die Anglo-Boereoorlog die vorm van ' n kerk sou wees . Die kerk , waarvan ds . Kestell mede-argitek was , is op 12 April 1907 ingewy en ds . Kestell se skoonpa , ds . NJ Hofmeyr het die wydingsdiens op daardie dag waargeneem .
Die Tweetoringkerk in Bloemfontein waar ds . Kestell van 1912-1919 predikant was .
Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein , Pretoria
NG Kerk Ficksburg , waarvan ds . Kestell ' n mede-argitek was .
In Junie 1912 het ds . Kestell en sy gesin Ficksburg verlaat toe hy na die Tweetoringkerk in Bloemfontein beroep is . Hy is in 1909 vir die eerste keer tot Vrystaatse moderator van die NG Kerk verkies , en daarna weer in 1912 en 1916 .
Op 16 Desember 1913 was hy een van die sprekers tydens die amptelike inwyding van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein .
In 1911 is hy verkies tot voorsitter van die Raad der Kerke , ' n voorloper van die algemene sinode . Met die Rebellie van 1914 was daar ' n groot meningsverskil in feitlik elke gemeente en die kerk het gedreig om te skeur . Ds . Kestell het egter daarin geslaag om met groot wysheid op ' n konferensie van predikante op 27 Januarie 1915 en weer op die sinode van April 1915 die situasie te ontlont . In Maart 1915 was hy die medestigter van die Helpmekaar-beweging wat geld ingesamel het vir die borgtog van die leiers van die gewapende opstand teen die Unieregering se inval in Duitswes-Afrika . Op 3 Desember 1916 het hy die begrafnisdiens van pres . Steyn by die Vrouemonument gelei . Hy het gehelp met die insameling van geld vir die weeskinders van die Vrystaat na die groot griepepidemie van 1918 , wat gelei het tot die stigting van Ons Kinderhuis in Bloemfontein .
AFRIKAANS
4