Kontakbesonderhede :
Jaco Cilliers Hoof van kultuurnetwerke jaco @ kultuurtuiste . org . za | 071 893 6477
Skoonmaakaksies :
Charles Rademeyer Kultuurkoördineerder in die Noordelike Streek charles @ kultuurtuiste . org . za | 072 222 9809
Jan-Danie Malan Kultuurkoördineerder in die Sentrale Streek jan-danie @ kultuurtuiste . org . za | 082 965 7002
Elizma Smit Kultuurkoördineerder in die Suidelike Streek elizma @ kultuurtuiste . org . za | 082 629 6415
Juanine Kok Kultuurkoördineerder in die Suidelike Streek juanine @ kultuurtuiste . org . za | 068 154 2961
Watter tipe projekte doen die FAK- Kultuurnetwerke ?
Die bestaande netwerke het al ' n wye verskeidenheid projekte aangepak .
Geskiedenistoere , skoonmaakaksies , skyngevegte , lesings , kransleggings , nuwe monumente wat opgerig word ( ja !), staptoere en alles tussenin is al in die verlede aangepak .
Die netwerke is dus nie net krygers vir beskerming nie , maar ook ontwikkeling , uitbreiding en bewusmaking van ons kosbare kultuurerfenis .
Sommige netwerke het al jaarlikse projekte , wat nou al byna ' n tradisie is .
Hier is voorbeelde van suksesvolle projekte van die verlede :
Toere :
Heldeakker-Samewerkingsinisiatief skoonmaakaksie
Ongelukkig is dit hier waar die meeste van die werk lê , want dit is waar die grootste versuim is .
Begraafplase , soos Voortrekkerbegraafplase en konsentrasiekampbegraafplase word hier skoongemaak . Soms is hierdie op privaat grond en dit bly ons as Afrikaners se verantwoordelikheid om dit te onderhou .
Ÿ
Die Heldeakker-Samewerkingsinisiatief is in 2023 op die been gebring waar 18 instansies saamwerk om deurlopend die Heldeakker skoon te maak , te onderhou en te ontwikkel .
Konsentrasiekampe regoor die land word dikwels nie onderhou of skoongemaak nie . Vele van die jaarlikse kultuurnetwerkprojekte is om konsentrasiekampe netjies te hou .
Monumente en gedenktekens word ook dikwels skoongemaak en onderhou . Ÿ Die Vredesmonument in Vereeniging word deur die FAK-
Vaal-Kultuurnetwerk onderhou .
Ÿ Die Wêreldoorlogmonument in Springs is deur die gemeenskap skoongemaak , opgeknap en word tans deur die gemeenskap en kultuurnetwerk onderhou .
Skyngevegte :
Dankie Jan-staptoer in Kaapstad
Ÿ
Ÿ Ÿ
Die Vrede van Vereeniging-toer wat jaarliks op 31 Mei plaasvind , waar verskeie belangrike bakens in verband met die Vrede van Vereeniging besoek word . Die Jan van Riebeeck-staptoer deur Kaapstad gee insig en geskiedenis in Kaapstad . Krugersdorp bied ook jaarliks hul geskiedenistoer aan waar meer van die dorp se geskiedenis geleer word .
Die Slag van Paardeberg-skyngeveg
Op die FAK se kultuurplaas , Udolpho Rivierplaas net buite Parys , word dikwels skyngevegte uitgevoer . Hierdie skyngevegte is ' n historiese oorvertelling van die geskiedenis .
39 AFRIKAANS