KULTUUR
Ontmoet die kultuurkoördineerders :
Ons het aan al die kultuurkoördineerders die volgende vyf vrae gerig sodat ons hulle elkeen bietjie beter kan leer ken .
Som in twee sinne op wat jou taak as kultuurkoördineerder omvat .
Jaco : Ek is verantwoordelik vir die kultuurnetwerke in Natal , asook oorsigtelik verantwoordelik vir die KNWaktiwiteite in die Vrystaat , dele van Noord-Wes , Oos- Kaap , Wes-Kaap en Noord- Kaap .
KULTUUR-
NETWERKE
Die eerste linie van erfenisbewaring
Dit is geen geheim dat erfenis , verál Afrikanererfenis , in gedrang is nie . Dit blyk of plaaslike munisipaliteite ' n traak-my-nieagtige houding het teenoor erfenisbewaring en versuim om basiese pligte soos tuindienste op erfenisterreine , begraafplase en monumente na te kom .
Vanuit hierdie nood is die FAKkultuurnetwerke gestig .
Dit is ons Bybelse plig om as rentmeesters van die aarde in te tree . Ons roeping hier op aarde is om te bewerk én te bewaar .
Die kultuurnetwerke is in 2020 gestig en het sedertdien gegroei tot 33 netwerke landwyd . Vrywilligers vanuit hul gemeenskappe stel hulself diensbaar om ' n verskil en ' n kryger in hul eie area te wees en te verseker dat erfenis in hul direkte omgewing behoue bly .
Charles : My taak is , in samewerking met die FAKkultuurnetwerke , om ons taal , kultuur en geskiedenis in die Noordelike provinsies te beskerm , bewaar , bevorder en te behou . Dit gebeur alles deur gemeenskappe betrokke te maak by projekte . Dit skep trots onder hierdie mense en sorg dat ons erfenis behoue bly .
Jan-Danie : My taak as kultuurorganiseerder is om kultuurnetwerke te vestig in die sentrale streek , erfenisbewaring aan te moedig in gemeenskappe , en ' n kultuurtuiste te vestig op die FAK se kultuurplaas Udolpho .
Elizma : Om die kultuurgoed en erfenisbakens wat vir ons vandag kosbaar is , te bewaar en te beskerm vir ons nageslag . Om diegene wat ons vooruitgegaan het , te onthou en deur hulle stories en nalatenskap te huldig .
Juanine : My werk is om waardering , liefde en trots vir ons erfenis en kultuur onder gemeenskappe te kweek , deur ons Afrikanerstorie oor te dra deur opvoeding , bewaringsaksies , projekte en ervarings . Om die FAKvoetspoor in die Kaap te vestig en gemeenskappe te mobiliseer om ons erfenisbakens te bewaar en in stand te hou .
37 AFRIKAANS