BOEKE
ONBESKRYFLIKE GENADE : “ EK IS NIE MY VERLEDE NIE ” teenwoordigheid . Eers later sou ek uitvind van die donker verlede wat hy op sy skouers dra , ' n skaduwee wat hy desperaat probeer afgooi .
In Onbeskryflike genade stap ' n mens saam met Stefaans deur sy verlede en herinneringe . Die leser voel byna soos ' n spook – besig om alles te aanskou , maar kan niks doen nie . En jou hart bréék vir dit wat voor jou afspeel .
Sy verhaal begin op sesjarige ouderdom toe sy ma hom kafee toe stuur met ' n paar munte om vir hom lekkers te koop . Toe hy terugkom , is sy weg . Hy lei ons deur sy kinderjare van ' n alkoholistiese pa en weeshuise . Sy tienerjare waar hy begin het om verkeerde besluite te maak . Stefaans vertel dat sy enkele grootste verkeerde besluit nie net gebeur het nie , dit is vooraf gegaan deur jare se “ verkeerd geprogrammeerde denke ”.
Verder kyk die leser toe hoe die bomme geplant word . Jy hoor die nuus van die mense wat dood is – asof alles nuwe nuus is . Jy stap saam met Stefaans deur die tronkselle en vrees saam met hom vir sy lewe .
Titel Outeur Uitgewer
Onbeskryflike genade Stefaans Coetzee Lux Verbi
As iemand aan Christus behoort , dan het God daardie persoon ' n nuwe mens gemaak . Die persoon se ou lewe is verby , ja , hy het ' n nuwe lewe gekry ( 2 Korintiërs 5:17 ).
Dit is die Bybelvers wat by my opkom soos ek Stefaans ( née Stefan ) se verhaal tot hernuwing lees . Hy vergelyk homself met Kain in die Bybel , maar ek sien hom eerder as ' n Paulus ( née Saulus ): iemand wat deur God se genade ' n tweede kans gegee is en nou sy lewe daaraan wei om ander mense die goeie nuus te vertel .
Stefaans Coetzee het in 1996 in Worcester ' n bom geplant wat baie mense se lewens gekos het . Daarvoor het hy tronkstraf uitgedien , maar dis nie wie hy is nie . Hy is “ Stefaans Coetzee . Kind van God . Man en pa . Hy is nie sy verlede nie ”. Dit is sy storie .
Ek het Stefaans in 2022 by die ATKV Skryfskool in Potchefstroom ontmoet as ' n vriendelike , bekwame man wat lief is vir boeke en hom beywer om ander skrywers te help om hul skryfdrome te bewaarheid . ' n Mens voel dadelik gemaklik in sy
Hierdie boek vertel nie net die geestelike reis van Stefaans se lewe nie , maar skets ook die komplekse politiese agtergrond en denkwyse van Suid-Afrika en hoe dit deurgetrek het na vandag . Hoe mense vandag steeds sekere denkpatrone volg en hoe gevaarlik dit kan wees .
Uiteindelik kom ' n mens uit by die onbeskryflike genade . Vergifnis , ook vir homself . Die boodskap in hierdie boek herinner ' n mens dat enige iemand deur God se genade gered kan word . ' n Nuwe mens kan word . Die ou Stefan is so ver van die nuwe Stefaans soos die Ooste van die Weste is . Stefaans bou nie ' n brug nie , hy is die brug – “ omdat ek my nageslag lief het ”.
Onbeskryflike genade is die boek met seker die meeste karakterontwikkeling wat jy ooit sal lees . Die leser word gedwing om daardie dinge waaraan ons eerder nie wil dink nie , in die oog te staar en daarmee vrede te maak – nes Stefaans daarmee vrede moes maak .
Iemand het eenkeer gesê om jou storie te vertel bring genesing . Stefaans , ek hoop met die skryf van hierdie boek kon jy ' n groot deel van die skadu agter jou gooi , maar meer nog , ek hoop dat jou verhaal genesing bring vir dié wat met ' n soortgelyke donkerte saamleef . Mag God se genade vir jou genoeg wees .
Anneke Langner
33 AFRIKAANS