Stefaans Coetzee is vandag ' n bekwame resensent en skrywer en pa van drie kinders . Hy het ingestem om vir Flink ' n oorspronklike kortverhaal te skryf . Sit agteroor en geniet die woordkunswerk uit sy pen .
PAPPA SE GEDIGTE
“ Moeksie , hoekom het jy nooit vir my gesê Pappa dig nie ?”
Moeksie – haar geelrok lyk soos engelvlerke – trippel nader . Haar hoëhakskoene klink soos ' n poedel op ' n houtvloer . Sy loer oor haar dogter se skouer . Asem peperment .
“ Ida , laat ek sien .”
“ Ek sal dit more terugbring .” Ida sit dit in die skoendoos saam met Pappa se preek-Bybel en twaksakkie : “ Maar nou wil ek eers sy stem hoor . En hom ruik .”
“ Hy ' t nooit sy hart oopgemaak nie . Die Bosoorlog maak mans mos stil .” Stilte , dan : “ Gaan jy bly vir beskuit ?”
“ Met warm melk en Cocco ?”
Ida lê op die rusbank , staar na die sterre bokant haar woonstel . Sy kan nie D . J . Opperman van Jan Alleman onderskei nie , maar Pappa se gedigte klink soos Breyten . Slaap Moeksie al ? Sy kyk op haar Samsung hoe laat is dit , sien sy het 14 miss calls en 122 WhatsApp-boodskappe . Soek Moeksie se naam , tik :
Pappa was besonders lief vir jou x
Hy het dit nooit gesê nie .
Sover klink alles wat hy skryf soos hooglied . Wag ek neem gou ’ n foto van een gedig . x
Die Samsung lui , maar sy tel dit nie op nie . Kyk nie eens wie bel nie . Sit dit later op flight mode .
Hoekom sou Pappa sy gedigte van Moeksie weerhou ?
Die koffie het al ' n velletjie gevorm toe sy kombuis toe loop om vir haar roomys in te skep . Sy maak seker die deure is gesluit en Taiga , haar kat , het kos .
Sy staan net op om toilet toe te gaan . Verder lees sy . Sy neem vir Moeksie nog ' n paar foto ' s , plaas drie daarvan op Instagram met die opskrif : Pappa se gedigte .
Binne ' n paar minute het sy meer as 400 likes – selfs meer as die wat sy ' n jaar gelede in haar bikini gekry het .
Iemand DM haar :
Was jou pa die digter HL ?
HL ? Wat de ...
Net voor sy blok druk , besoek sy die persoon se profiel , sien hy plaas net gedigte . Nie een , verklaar sy bio , is syne nie . Hy skep net die agtergrond .
Die persoon DM haar met ' n foto uit ' n digbundel . Dit is een van die gedigte wat sy op haar Instagram story geplaas het .
Pappa ?
Sy raadpleeg Google en vind niks onder sy naam nie , ook nie sy voorletters nie . Sy ontdek wel dat HL die skuilnaam van ' n anonieme Suid-Afrikaanse digter is , wat gedurende die laat 80 ' s vier digbundels publiseer het . Daar is geen foto van hom nie . Geen biografiese inligting nie . Net die name van sy vier digbundels .
Waarvoor sal HL staan ? Hendri en ... Wat ' s sy troetelnaam vir Moeksie ?
Sy kan net sy debuutbundel vanaf Takelot bestel . Vra die ander drie op verskeie Facebookboekgroepe aan .
Die woonstel is grafstil .
Sy staan op en sit die televisie aan om stemme te hoor .
Haar selfoon pieng . Sy weet wie dit is : die persoon wat haar ' n Direct Message gestuur het .
Twee foto ' s van ' n man . In die een sit hy voor ' n tikmasjien , pyp in die mond . In die ander een staan hy in ' n swembroek , handdoek oor die skouer . Onder die swembroek-foto staan : IS DIT JOU PA ?
Alles in haar wil “ nee ” tik . Waar kry hy die foto ' s ? Haar vingers bewe soos sy tik .
Wa kry jy dit ?
AFRIKAANS
34