Hierbenewens het Laurika ' n veeltal kleiner werke geskep , waaronder beelde van volkspelers , Totius , OB-leier dr . Hans van Rensburg en genl . Koos de la Rey .
Na ' n verblyf op Stellenbosch en Wolmaransstad , het Laurika haar in Rissikstraat , Muckleneuk , gevestig . Haar werkspasie was klein en ongemaklik , maar met gebruiklike volharding het sy hier aan haar volgende groot opdrag gewerk : agt kindergeoriënteerde reliëfpanele vir die NG kerk se Sondagskoolgebou in Bloemfontein . Dit sluit ' n treffende uitbeelding van Japie Greyling in .
Na haar aftrede in 1956 het Sophie ' n huis in Muckleneuk gekoop en vir haar beeldhouer-suster ' n gerieflike ateljee laat aanbou . Hier het haar laaste groot kunswerk gestalte gekry : die imposante Kruger-beeld in Krugersdorp . Met Jan FE Celliers se woorde “ breed en bonkig van stuk ” in gedagte , het sy Paul Kruger uitgebeeld soos toe hy in 1883 vir die eerste keer tot president verkies is : selfversekerd en fors van liggaamsbou , beklee met gesagsimbole van ampserp en pluiskeil en die Bybel as rigsnoer stewig onder die linkerarm .
Toe sy nie meer aan die fisiese eise van beeldhouwerk kon voldoen nie , het Laurika haar weer tot die skilderkuns gewend . Ten spyte van die gesondheidsprobleme wat sy van tyd tot tyd ervaar het , het Laurika Postma ' n hoë ouderdom bereik , en is sy in 1987 in die ouderdom van 85 jaar oorlede . Sy is in die Pretoria-Oos begraafplaas begrawe .
Laurika in haar Muckleneuk ateljee waar sy die Krugersdorp Kruger-beeld gemaak het . ( Foto : Laurika Postma , ’ n biogra�e deur Naka Pillman )
Hoewel Laurika Postma nooit kinders van haar eie gehad het nie , het sy deur haar kuns aan kinders ( waaronder kinderhelde ) gestalte gegee , en tallose jongelinge geïnspireer .
Haar briewe aan familie vanuit Duitsland en Italië getuig van verwondering oor die skoonheid van hierdie wêreld en haar bewondering vir kunstenaars wat dit kon uitbeeld . Haar beskrywings is so interessant en kleurryk dat sy netsowel as skrywer van reisverhale bekendheid sou kon verwerf het . As veelsydige kunstenaar het Laurika Postma nie alleen die Bloukransmoorde , gewelddadige dood van Dingaan en ' n sterk , manlike Paul Kruger uitgebeeld nie , maar was sy ook die skepper van ' n pragtige , eg-vroulike marmerbeeld “ Ontwaking ”, wat in 1951 in die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se hoofgebou onthul is . Dit is van Carraramarmer wat vooraf deur die kunstenaar en die skool se
Ontwaking . ( Foto : Laurika Postma , ’ n biogra�e deur Naka Pillman ) destydse hoof , mej . Steijn , uitgesoek is .
Kruger-beeld op Krugersdorp . ( Foto : Laurika Postma , ’ n biogra�e deur Naka Pillman )
Laurika Postma is in 1975 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns met ' n goue erepenning vereer – die instansie waarvan haar geliefde pa in 1908 ' n stigterslid was . ' n Sirkel is voltooi .
Hoofbron : Laurika Postma , ' n biografie deur Naka Pillman ( De Jager-HAUM , Pretoria , 1984 ).
Marius Ackermann Voorsitter van VTM Direksie
31 AFRIKAANS