PROFIEL
Laurika
POSTMA
Laurika in haar Bloemfonteinse ateljee ( Foto : Laurika Postma , ’ n biogra�e deur Naka Pillman )
“ Met die aanraak van die klei kon sy haar blik na binne keer , haar hele wese volkome oorgee aan die skeppingsdrang wat vir die eerste keer in haar lewe ' n totale tevredenheid in haar gemoed laat posvat het .”
aka Pillman se biografiese beskrywing van Laurika
NPostma se eerste kennismaking met ware beeldhoukuns is tekenend van die passie en toewyding wat die eertydse pastoriedogter se latere kunsloopbaan sou kenmerk .
Laurika Postma ( 17 April 1903 - 26 Maart 1987 ) is een van ons bekendste beeldhouers . Haar naam is sinoniem met die Voortrekkermonument . In Oktober 1940 het die Sentrale Volksmonumentekomitee vir haar , Hennie Potgieter , Peter Kirchhoff en Frikkie Kruger aangestel om as beeldhouers vir die beoogde fries in die monument se Heldesaal op te tree . Hoewel dit steeds as een van die hoogtepunte van haar loopbaan beskou word , het Laurika ook ander kunswerke van hoogstaande gehalte nagelaat .
Laurika was die vierde van tien kinders , en het ' n besonderse band met haar pa , ds . Willem Postma , gehad . Hy was as taalstryder ook bekend as dr . O ' Kulis , wat op satiriese wyse in gereelde rubrieke as “ oogdokter ” Afrikaners se oë oopgemaak het vir die waarde en betekenis van hulle taal . As kind het Laurika goed klavier gespeel en ook kunsklasse bygewoon . Een van haar mooiste herinneringe van haar pa is dat hy by geleentheid vir haar modelleerklei gebring het , en sy entoesiastiese reaksie op haar daaropvolgende handewerk haar laat voel dat sy nie meer alleen gestaan het in haar liefde vir kuns en die beoefening daarvan nie .
In 1920 is Laurika se pa tydens haar matriekjaar skielik aan ’ n hartkwaal oorlede . Afgesien van skok en hartseer , het die gesin ook finansiële probleme in die gesig gestaar . Na ' n
29 AFRIKAANS