Flink Januarie 2024 56 | Page 28

NUUS

90 JAAR van die Afrikaanse Bybel in 2023 gevier

“ Welkom dierbaar Woord van God , Lig in al ons lewenslot ... ” lui die woorde van die Feeslied waarin die wonder van die Woord in Afrikaans gevier word .
p 27 Augustus 2023 het duisende mense in

O die Voortrekkermonument ( VTM ) se Senotaafsaal byeengekom om saam met die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge ( FAK ) en die Bybelgenootskap van Suid-Afrika ' n dankdiens te hou vir die 90ste bestaansjaar van die Bybel in Afrikaans .

Volgens ds . Cassie Aucamp , voormalige VTM-direksielid en verteenwoordiger van die Bybelgenootskap , was dit ' n wonderlike voorreg om 90 jaar van die Afrikaanse Bybel te kon vier .
“ Natuurlik is 100 jaar ' n meer prominente mylpaal , tog is die mooi van 90 dat dit vandag omtrent die jare van ' n mens se leeftyd is ,” sê hy .
Tydens die 90-jaar-vieringe het die Bybelgenootskap ook Bybels aan verskeie skole oorhandig om die spreekwoordelike fakkel van geloof aan ' n volgende geslag te oorhandig .
“ Dit was spesiaal dat agt mense wat saam met die Afrikaanse Bybel in 1933 gebore is , ons eregaste kon wees en Bybels aan ' n volgende geslag kon oorhandig ,” verduidelik Aucamp .
“ Mense kom en gaan , maar die Woord bly ewig . Ons Afrikaanse Bybel is 90 jaar oud , soos hulle wat dit aan die skole oorhandig het . Hulle en ons lewe gaan verby , maar die Bybel oorleef elke menslike geslag . Die oorhandiging aan die jeug , spesifiek deur hulle wie se lewensskof byna voltooi is , is ' n getuienis en verkondiging daarvan .”
Vir Aucamp is dit besonder spesiaal om ' n Bybel in Afrikaans te hê omdat hy , nés Totius , glo dat daar ' n intieme verhouding tussen die Woord , God en die mens moet wees , ' n verhouding wat jy net in jou moedertaal kan bou .
“ Wanneer mens besin oor die belangrikheid van ' n Bybel in eie taal sal die antwoord dalk vir almal verskil , tog voel ek hiér is dit belangrik om vir dr . JD du Toit ( Totius ), eindvertaler van die 1933-Afrikaanse Bybel , aan die woord te stel : ' Alleen wat vir ons volkome duidelik is , wat met ons heeltemal sielseen is , ons kan toespreek sonder hindernis of tussenkomende beletsel . Tussen die Woord van God en die siel moet daar ' n intimiteit bestaan wat alleen verkry kan word deur die toespraak en inspraak van die lewende moedertaal .'”
27 AFRIKAANS