Flink Januarie 2024 56 | Página 27

Luister gerus na die liedjie hier !
“ Somer in my keel ”
– Werner van der Hoven en Die Heuwels Fantasties word en veral motorliefhebbers sal gaande wees daaroor . Ricus het selfs van die lirieke van Leon Schuster se trefferliedjie “ Briekdans ” geleen ; dis goed dat Ricus die jonger geslag aan hierdie skreeusnaakse liedjie herinner .
Hier is een van die lekkerste liedjies wat die afgelope tyd vrygestel is . Die Heuwels Fantasties het weer met ' n wenner vorendag gekom , terwyl Werner , wie se debuutenkelsnit “ Wynland ” verlede jaar vrygestel is , gewys het dat hy een van die mees belowende nuwe kunstenaars op die musiektoneel is .
Luister gerus na die liedjie hier !
“ Boerepop ”
– Martin Bester
Die meeste mense ken Martin as ' n radioomroeper wat weeksoggende op Jacaranda 94,2 FM gehoor kan word , maar hy is natuurlik ook ' n sanger met ' n aantal treffers op sy kerfstok . Met sy nuwe treffer het hy vorendag gekom met ' n liedjie wat mense sal laat saamsing en die dansvloere gou vol sal kry . Die musiekvideo is voor ' n gehoor opgeneem ; dit is heel gepas omdat die liedjie groot aftrek by lewendige optredes sal kry .
Luister gerus na die liedjie hier !
“ Saaragaand ”
– Arno Jordaan en Louis van Lill
Arno was lank stil , maar hy is terug met ' n lekker trefferliedjie wat hy saam met Louis van Lill , wat die
Luister gerus na die liedjie hier !
“ Nuwe liefde ”
– Nadine Blom liedjie geskryf het , sing . Louis het Saterdagaand sommer na Saaragaand verkort , maar vir die teikengehoor sal dit mos nie saakmaak nie . Hierdie een hoort op die speellys vir ' n lekker kuier .
Nadine Blom is glad nie ' n nuweling in die musiekbedryf nie ; sy het al ' n paar albums opgeneem en veral haar treffer “ Hoor jy my stem in die nag ?”, het bewys dat sy een van die mees onderskatte sangeresse op die toneel is . Sy het ' n baie goeie sopraanstem wat ewe geskik vir pop- en klassieke musiek is . Sy is terug met haar eerste enkelsnit in baie jare , en die musiekvideo vertel die verhaal van ' n jong vrou wie se vriendinne haar ompraat om haar bril te verwyder , haar bolla los te maak en haar skoonheid aan die wêreld ten toon te stel ten einde die liefde van haar lewe te vind . Welkom terug , Nadine !
Luister gerus na die liedjie hier !
“ Hulle weet nie wat ons weet nie ”
– Kurt Darren
Kurt Darren is een van die mees produktiewe kunstenaars op die Afrikaanse musiektoneel en met “ Hulle weet nie wat ons weet nie ” het hy weer vorendag gekom met ' n liedjie wat groot byval by sy teikenmark sal vind . Die titel is blykbaar afgelei van ' n gesegde van die bekende gevegskunstenaar Dricus du Plessis . Dit sal daarom seker een van die sêgoed wees wat vanjaar die meeste gehoor sal word . Kurt se plek bo-aan die meeste trefferslyste landwyd is verseker .
Luister gerus na die liedjie hier !
Daantjie Badenhorst
AFRIKAANS
26