MUSIEK
NUWE MUSIEK
Met die jaarwending het ' n paar nuwe Afrikaanse liedjies die lig gesien ; sommige van hulle is reeds treffers terwyl ander heel moontlik vroeg in die nuwe jaar die treffersparades sal haal . Hier is tien van die nuwe snitte wat die afgelope maand of wat uitgereik is .
“ Neem my op vlerke ( Sensasie-remix )”
– Anneli van Rooyen
Dis feitlik onmoontlik om te glo dat Anneli van Rooyen se treffer “ Neem my op vlerke ” veertig jaar oud is . Dit het oorspronklik op die album Ek wil jou ken voorgekom en een van haar heel grootste treffers geword . Nou is daar op twee maniere nuwe lewe in hierdie treffer geblaas ; een waarop sy steeds as kunstenaar gehoor kan word en een waarop ' n heeltemal nuwe liedjie rondom die refrein geskep is . Daar het tot dusver nie veel dansweergawes van bekende Afrikaanse treffers verskyn nie ; daarom is die “ Sensasie-remix ” van hierdie liedjie iets heeltemal nuuts . Dit is daarop gemik om die liedjie aan ' n nuwe gehoor bekend te stel en te oordeel aan die toetrede daarvan tot verskeie trefferslyste lyk dit asof dit ' n sukses gaan wees . Wie weet , dalk is dit die begin van ' n nuwe neiging in Afrikaanse musiek .
Luister gerus na die liedjie hier !
“ Vlerke ”
– Eloff
Eloff was een van 2023 se suksesvolste nuwe kunstenaars en liedjies soos “ Johnnie Blou ”, “ Witblits ” en “ Koue kole ” het hulle vir die grootste gedeelte van die jaar op trefferslyste landwyd tuis gemaak . Hy het , met
Anneli van Rooyen se toestemming , die refrein van “ Neem my op vlerke ” vir ' n splinternuwe liedjie gebruik , en tot dusver lyk dit asof dit een van die grootste treffers van die eerste deel van die jaar sal wees .
Luister gerus na die liedjie hier !
“ Oorwinningslied ”
– Cordelia
Hoewel Cordelia hoofsaaklik bekend is vir kommersiële Afrikaanse musiek , was dit net ' n kwessie van tyd voordat sy ' n kontemporêre Christelike liedjie sou opneem . Haar eerste Christelike opname is van Piet Smit se bekende “ Oorwinningslied ”, wat dertig jaar gelede vir die eerste keer uitgereik is en een van die heel grootste Christelike treffers van die laaste tyd geword het . Sy het die lied haar eie gemaak , en dit behoort haar loopbaan in ' n nuwe rigting te stuur . Miskien sal sy voortaan meer gereeld Christelike musiek opneem .
Luister gerus na die liedjie hier !
“ Dis raak ”
– Bok van Blerk
In 2006 het die Afrikaanse musiekbedryf vir die eerste keer kennis geneem van Louis Andreas Pepler , beter bekend as Bok van Blerk , se grensverskuiwende treffer “ De la Rey ”. Nou het hy dit opgevolg met “ Dis raak ”, na aanleiding van die laaste woorde wat genl . Koos de la Rey gesê het toe hy op 15 September 1914 geskiet is en later aan sy wonde beswyk het . Hy het die liedjie saam met Appel geskryf , met Ricus Nel wat die konsertina bespeel . Hierdie liedjie gaan ' n groot treffer word , veral onder Bok se teikengehoor .
Luister gerus na die liedjie hier !
“ Kalahari Ferrari ”
– Ricus Nel
Ricus het self met ' n nuwe liedjie met trefferpotensiaal vorendag gekom ; ' n Kalahari Ferrari is niks anders as ' n vierwielaangedrewe voertuig nie , en dis ' n gewilde voertuig onder Ricus se teikengehoor . Die spitsvondige lirieke sal maak dat dit ' n groot treffer
25 AFRIKAANS