Flink Januarie 2024 56 | Page 17

KULTUURTUISTE
Word ' n
VTM-VRIEND klik hier

Maak kultuur jou leefstyl

I n Julie 2023 het die Voortrekkermonument ( VTM ) se feeste en fasiliteite-span hul skoenrieme vasgebind , spiere behoorlik gestrek en hul voorberei vir ' n splinternuwe uitdaging ; die ontwikkeling van ' n Leefstylklub .

Vanjaar was dit vroeg-vroeg al “ merke , gereed , gaan ” en dié span is uit die wegspringblokke om die VTM se sporten leefstylaanbod in 2024 groter en beter as ooit te maak .
Michael Barnard , plaas- en leefstylbeampte by die VTM , is getaak met die uitbreiding van ' n reeds gewilde sportaanbod en sê hy is baie opgewonde oor hul planne vir die jaar .
“ Baie mense het in die verlede al hier by die monument kom draf , stap en fietsry , of dit nou saam met die Monument Draf en Stapklub is of tydens een van ons vele uithou-wedrenne wat ons deur die jaar aanbied , maar hierdie jaar beplan ons om die Voortrekkermonument dié plek te maak vir sportentoesiaste om hul stamina op die proef te kom stel ,” sê hy .
Die VTM het reeds in 2023 nuwe jukskeibane op die terrein laat bou en vanjaar word daar beoog om hierdie bane só uit te brei dat nasionale kompetisies aangebied kan word .
“ Ons het einde verlede jaar ' n kenner ingekry om ons te help om ons jukskeibane op ' n internasionale standaard te kry . Verder beplan ons ook om Boeresport-byeenkomste aan te bied om nie net die tradisie lewend te hou nie , maar ook om jonk en oud te wys dat fiksheid nie harde werk hoef te wees nie . Hier kan ons speel-speel fiks word .”
Vir die jongspan bied die monument al ' n geruime tyd laserskiet aan en met die ontwikkeling van die nuwe sporten leefstylaanbod wag daar opwindende uitbreidings soos ' n buiteluggimnasium en verskeie sportgeleenthede .
Christiaan Jordaan , die VTM se hoof van kultuurtoerisme , is dit met Barnard eens dat die beplande uitbreidings op die terrein beloof om groot opwinding op die terrein te bring .
“ Toe ons verlede jaar die VTM se Leefstylklub in Julie geopen het , het ons vroeg al baie belangstelling gekry en besluit om vanjaar ons aanbod nog verder uit te brei .”
Die nuwe sport- en leefstylaanbod sal ook ' n sterk fokus plaas op praatjies wat fisiese , emosionele , geestelike , finansiële en kulturele welstand bevorder . Voëlkyk , boom- en plantidentifisering , natuurverkenning , sportbyeenkomste , tuinbouwerkswinkels en demonstrasies , en sosiale byeenkomste is ook op die agenda . Ilomi Kruger , wat vanjaar ook by die VTM-span aangesluit het as koördineerder van die natuurprogramme , sal ook baie van hierdie programme aanbied .
Vir meer inligting oor die VTM se sport- en leefstylaanbod kontak gerus besprekings @ kultuurtuiste . org . za
FC Pelser
AFRIKAANS
16