Barend Bartholomeus KEET
( 1885-1974 ) as latere baanbreker van die Tweede Afrikaanse Taalbeweging en teoloog van wêreldformaat , asook langsoorlewende Bybelvertaler is te Alice , Oos-Kaap , op 20.06.1885 as vyfde kind en derde seun van die pastoriepaar van die gemeente Victoria-Oos en Peddie ( voorheen ook leraar te Kimberley en later te Humansdorp ), Barend Bartholomeus KEET ( 1844-1903 ) en Jacoba Petronella HERHOLDT ( 1849-1934 ) gebore . Hy is as derde seun volgens tradisie na sy vader vernoem en te NG Kerk Peddie op 02.08.1885 gedoop met Willem Petrus ROUSSEAU , Sophia Petronella KORSTEN , Gysbert Reynier KEET , Catharina Maria BOSMAN , Gert Johannes Paulus NEL , Hester Cecilia Elizabeth NEL , Daniel Jozua PIENAAR A-zn . en Hester Anna LOUW as doopgetuies ( NG Kerk Peddie doopregister no . 1036 , p . 624 ).
Na sy plaaslike studies en in buiteland in die teologie is hy eers hulpprediker in Noorder-Paarl ( 1914 ) en toe medeleraar op Graaff-Reinet ( 1916 ).
Hy tree op 07.12.1916 in die huwelik met Johanna Maria van AARDE ( 1893-1918 ) en hul huwelik word deur skoonvader , ds . Johan Hendrik van AARDE te NG Gemeente Kruisrivier ( Tulbagh ) ( no . 8 ) voltrek . Sy eggenote sterf egter in die pastorie te Graaff-Reinet op 16.10.1918 weens longontsteking ( bron : Sterftesertifikaat no . 342 ), slegs vyf maande na die geboorte van hul enigste kind , seun en naamgenoot , Barend Bartholomeus KEET ( 18.05.1918-17.03.1996 ).
In 1919 word hy op 34-jarige leeftyd as opvolger van prof . PJG de Vos na die Teologiese Kweekskool te Stellenbosch beroep . Nadat hy reeds 1914 vir ' n Afrikaanse vertaling van die Bybel gepleit het , besluit die Kaapse Sinode – die enigste waarin hy ooit as leraar van ' n gemeentesitting gehad het – op sy voorstel om Afrikaans naas Nederlands as amptelike kerktaal te erken . Aan die Kweekskool wy hy byna die helfte van sy lewensjare , want vir meer as veertig jaar doseer hy die vakke dogmatiek , etiek en kerkreg . Na die besluit van die Kaapse Sinode van 1919 om die Bybel in Afrikaans te laat vertaal , word prof . Keet as een van die vaste vertalers benoem .
Hy tree as wewenaar op 45-jarige ouderdom weer in die huwelik met ' n jonge dogter en onderwyseres van die Paarl , Frances Jessie REITZ ( 1902-1999 ) met ds . AC Stegmann wat die huwelik te NG Kerk Kaapstad voltrek ( no . 24 ).
Hy woon na uittrede saam met sy tweede eggenote , Frances Jessie née REITZ te Jonkershoekweg 78 , Stellenbosch , en is te Stellenbosch op 21 Junie 1974 , die dag na sy 89ste verjaardag , oorlede .
Bronne : Boedels , Oranje-Vrystaat ( VAB : MHG te Bloemfontein Argiefbewaarplek , Vrystaat ; NG Kerk doop- en huweliksregisters .
Boedel van J . D . du TOIT , TAB : MHG 5941 / 53 ( 1953 ) & Boedel van M . du TOIT nee POSTMA , TAB : MHG 10225 / 66 ( 1966 ), Nasionale Argief , Arcadia , Pretoria ; Huweliksertifikaat , asook Sterftesertifikaat no . 8 / 4 van J . D . du TOIT , soos bewaar deur Dept . van Binnelandse Sake van J . D . du TOIT ; NG Kerk Kaapland doopregister ( dokument ter insae op www . familysearch . org ).
Boedels , Transvaalse Argiefbewaarplek ( TAB : MHG ); Publikasie , Nederduitsch Hervormde Gemeente Bronkhorstspruit 1869 – 1969 ( hoofstuk deur deur prof . J . P . OBERHOLZER , p . 171-183 ); Sterftesertifikaat soos bewaar deur Dept . van Binnelandse Sake .
Boedels Kaapprovinsie soos gehou te Kaapstad Argiefbewaarplek ; Sterftesertifikaat no . 576 / 51 soos gehou deur Departement van Binnelandse Sake ; NG Kerk Kaapland doop- en huweliksregisters ( al die betrokke dokumente is ook ter insae via www . familysearch . org ); www . gemeentegeskiedenis . co . za .
Publikasie : NG Kerk Jaarboek 1975 ; NG Kerk Kaapland doop- en huweliksregisters ; Boedels te Kaapstad Argiefbewaarplek en Meester van die Hooggeregshof .
Isabel Groesbeek FAK Genealogielessenaar
’ n Afrikaanse 1933-vertaling van die Bybel met die handtekeninge van JD Kestell , JD du Toit ( Totius ), HCM Fourie , EE van Rooyen en BB Keet – die vertalers wat aan die eerste vertaling van die Bybel in Afrikaans gewerk het .
15 AFRIKAANS