en twee dogters is uit die huwelik gebore met hul oudste dogtertjie Wilhelmina , wat op 31.12.1920 as 13-jarige deur die weerlig doodgeslaan is en hul jongste seun , Francois , wat ' n maand tevore op 07.11.1920 weens breinvliesontsteking oorlede is .
Hy woon voor afsterwe te Potchefstroom , maar sterf te Milnerstraat 125 , Waterkloof , Pretoria , op 01.07.1953 in die ouderdom van 76 jaar . Sy sterfte is op 02.7.1953 geregistreer met oorsaak van dood as kardiale infarksie en bydraende oorsaak , aorta klepletsel . Sterfkennis te Potchefstroom in Nov . 1953 deur nagelate eggenote teenwoordig by sterfplek , M du Toit , onderteken . Sy weduwee woon voor afsterwe te Nebohof , Troyestraat , Sunnyside , Pretoria , en sterf op ' n Woensdag in die Andrew McColm Hospitaal , Pretoria , op 03.08.1966 . Sy word oorleef deur drie seuns en een dogter .
Hermanus Cornelis Martinus FOURIE
( 1882-1939 ) is te ' Leliefontein ', distrik Carolina op 05.07.1882 as jongste van vyf kinders gebore en vernoem na ' n oom aan vaderskant . Sy vader was generaal Joachim Christoffel FOURIE ( 1850-1900 ), assistent kommandant-generaal van die ZAR-magte en tydens die Anglo-Boereoorlog sneuwel en sy moeder was Aletta Elizabeth de CLERCQ , ' n kleindogter van die Voortrekker Jacob de CLERCQ / de KLERK na wie die dorp Klerksdorp vernoem is . Die gesin het op die plaas Welgevonden gewoon en Herman se moeder is oorlede toe hy maar 20 jaar oud was en ongetroud .
In die tyd van die aflegging van sy kandidaatseksamen in die teologie in Nederland , raak hy verloof aan Joanna Everharda la RIVIERA ( 1884-1973 ), musiekstudent en gebore in Nederland . Hul tree na voltooiing van hul studies te Zwolle , Nederland , op 27.10.1910 in die huwelik . Die wittebroodsreis was terselfdertyd die reis na hul eerste gemeente . Hulle het deur Frankryk gereis en van Marseilles vertrek , vanwaar hulle langs die ooskus tot in Lourenço Marques gevaar het . Daarvandaan is hulle per trein na Pretoria , waar hy op 4 Januarie 1911 deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering gelegitimeer en beroepbaar verklaar is in die Ned . Hervormde Kerk . Vyf FOURIE-kinders , drie seuns en twee dogters is uit die huwelik gebore .
Hoewel hy een van die grondleggers van die teologiese fakulteit van dié kerk aan die Universiteit van Pretoria was , het hy die professoraat wat hom aangebied is , van die hand gewys . Op 21 Januarie 1911 is prop . HCM Fourie georden as predikant van die gemeente Pretoria , waarvan die Bronkhorstspruit-gebied toe ' n afdeling was . Hy bedien Nederduitsch Hervormde Kerk Gemeentes te Bronkhorstspruit , Johannesburg en Marico .
Hy was dertien tale magtig , maar sy voorkeurtale was Hebreeus , Aramees en Grieks . Dit het daartoe bygedra dat hy as een van die Bybelvertalers gekies is . Hy was van oortuiging dat die vertalings opnuut uit die grondtale gedoen moes word .
Herman woon voor skielike afsterwe te ' Wonderfontein no . 41 ', dist . Marico . Hy sterf weens ' n hartaanval op ' n Saterdag 05.08.1939 tydens ' n vakansie op ' Tugela ', dist . Potgietersrus , die bosveldplaas van ds . Grobler . ( TAB : MHG Boedel van H . C . M . FOURIE , TAB : MHG 3073 / 39 ( 1939 ), Nasionale Argief , Arcadia , Pretoria . Sterftesertifikaat no . 54 met G . P . Grobler wat sterfte registreer ). Sy weduwee sterf eers in 1973 .
Esaias Engelbertus van ROOYEN
( 1884-1951 ) ( soms Isaias gespel ) is te Oudtshoorn op 18.03.1884 as enigste seun van Christiaan Jacobus Matthiam van ROOYEN ( 1859-1890 ) en Anna Elizabeth Magdalena FOURIE ( 1857-1940 ) gebore en is na sy oupa aan vaderskant vernoem . Hy is te NG Kerk Oudtshoorn ( no . 211 , p . 606 ) op 27.04.1884 gedoop met die volgende persone as doopgetuies : Gert Johannes CLAASSEN , Susara Margaretha geb . FOURIE , Jurgens Johannes Cornelis LOMBAARD , Maria Susanna Catharina geb . KELLER .
Sy vader sterf op 31-jarige ouderdom toe Esaias maar ses jaar oud was en sy weduwee-moeder tree in die huwelik met ' n wewenaar , Carel Petrus SNYMAN . Hy sterf egter op 09.10.1901 en weduwee Snyman voorheen Van Rooyen bly vir etlike jare ' n weduwee en sterf te ' Kliprivier ', dist . George op 26.10.1940 .
Na voltooiing van sy studies aan die Kweekskool in 1909 is hy na die Vrije Universiteit , Amsterdam , waar hy sy doktorale eksamen suksesvol afgelê het . Terug in sy vaderland en terwyl hy met sy proefskrif besig was , was hy ook as hulpprediker in Montagu werksaam . In 1916 het hy in Nederland gepromoveer en by sy terugkeer in Suid-Afrika is hy as leraar van die Nuwe Kerk , Kaapstad , bevestig .
Hy tree as 35-jarige predikant van Kaapstad te NG Kerk Graaff-Reinet ( no . 562 ) op 10.09.1919 in die huwelik met Amelia Elizabeth BOOYSEN , ' n jonge dogter van Graaff- Reinet . Hul huwelik word deur ds . BB Keet voltrek . Amelia se mammie , Elizabeth Helena BOOYSEN née MURRAY ( 1864-1939 ) is ' n kleindogter van die MURRAY-stamouers , Andrew MURRAY ( 1794-1866 ) en sy eggenote , Maria Susanna Magdalena STEGMANN ( 1809-1889 ). Vier kinders , drie dogters en een seun , is uit die Van Rooyen-Booysenhuwelik gebore .
Reeds tydens die Sinode van 1919 is hy tot hoogleraar beroep en as professor in die Ou-Testamentiese vakke het hy vanaf 1920 tot 1950 onvermoeid en met groot erns hom aan sy lewenstaak toegewy .
Hy is na uittrede in die ouderdom van 68 jaar baie skielik tuis te Georgeweg 52 , Oudtshoorn , weens koronêre trombose met bydraende faktore van ' arteriosclerosis ' en hoë bloeddruk oor meer as twee jaar , op 12.09.1951 ( KAB : MOOC 6 / 9 / 18919 : 6387 / 51 ( 1951 ) Boedel van E . E . van ROOYEN ) oorlede .
AFRIKAANS
14