GENEALOGIE
Vertalers van die eerste volledige AFRIKAANSE BYBEL
Die eindevertalers van die Bybel in Afrikaans . Dr . JD du Toit van die Gereformeerde Kerk sit links voor . Agter is prof . EE van Rooyen en HCM Fourie en voor ds . JD Kestell en prof . BB Keet .
John Daniel KESTELL
( 1854-1941 ) is te Pietermaritzburg op 15.12.1854 as vierde kind en tweede seun van ' n Engelse vader , Charles KESTELL ( 1808- 1905 ) en moeder van Duitse afkoms , Dorothea Louisa WEYER ( 1819-1854 ) gebore . Sy oupa ook Charles KESTELL was ' n 1820 Britse Setlaar . Hy is in die NG Kerk Pietermaritzburg ( no . 1840 ) op 01.07.1855 gedoop .
Hy tree te Stellenbosch op 28.02.1882 in die huwelik met Geertruyda Anna HOFMEYR ( 1858-1943 ), dogter van ' n professor in Teologie aan die Kweekskool te Stellenbosch , Nicolaas Jacobus HOFMEYR ( 1827-1909 ) en sy eggenote , Maria Magdalena LOUW . Vyf kinders , drie seuns en twee dogters , is uit die huwelik gebore .
Hy sterf weens asma tuis te Bloemfontein op 09.02.1941 ( 86 jaar ) en laat sy eggenote na wat self te Bloemfontein op 15.08.1943 ( 85 jaar ) oorlede is . JD Kestell se oorskot is in ' n graf aan die voet van die Vrouemonument , Bloemfontein .
Die dorpie Kestell in die Vrystaat , tussen Harrismith en Bethlehem , word in 1905 gestig en na hom vernoem .
Jacob Daniƫl ( TOTIUS ) du TOIT
( 1877-1953 ) is te Paarl op 21.02.1877 as seun van Stephanus Jacobus du TOIT ( 1847-1911 ), leier van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging en Elizabeth Jacoba JOUBERT ( 1855-1882 ) gebore en as tweede seun na sy oupa aan moederskant , Jacob Daniel JOUBERT ( 1822-1878 ) ( Bron : Sterfkennis van J . D . JOUBERT : KAB : MOOC 6 / 9 / 163 : 5463 ), vernoem .
Hy is te NG Kerk Noorder-Paarl ( p . 380 ) op 25.03.1877 gedoop met o . a . grootouers , Jacob Daniel JOUBERT & Elizabeth Rachel van Niekerk ROWAN , Daniel Francois du TOIT , Jacob EKSTEEN , Geziena Maria HUGO , Abraham Matthys Johannes de VILLIERS as doopgetuies .
Sy moeder sterf op 27-jarige ouderdom , toe Totius maar vyf jaar oud was , te Pretoria op 01.11.1882 ( Bron : Sterfkennis van EJ du TOIT nee JOUBERT : TAB : MHG o / 2108 ( 1882 ).
Totius tree te Nylstroom op 26.08.1903 in die huwelik met Maria POSTMA ( 1881-1966 ) dogter van ds . Dirk POSTMA en Johanna Willemina van BILJON . Ses kinders , vier seuns
13 AFRIKAANS