Hy lag skaam en sê dan nederig
dankie. “Ek hou sommer net sirkus
in my kop – dikwels voel dit nie
eers soos werk nie,” sê hy. verhaal van sy jongste dogtertjie
wat haar jolige én minder jolige
oggendpersoonlikheid met trots
vertoon. ontsettend oulik. Sy sou keer op
keer sê: 'Hierdie boek jok! Daar ís
dan 'n krokodil!' Dis waarvoor ek
hoop wanneer ek skryf.
“Ek is nog elke dag
ontsettend dankbaar
om 'n loopbaan te kan
hê en om te kan doen
waarvoor ek regtig
lief is; min mense het
die voorreg om dit te
kan sê.” Dié boeke word ook aan hulle
voorgelees, maar hy is nié jaloers
wanneer hulle die werke van ander
skrywers lees nie, terg hy. “Vreemd genoeg voel dit vir my
nog altyd of ek dit juis nét in
Afrikaans kan regkry. Afrikaans rol
so lekker van jou tong af, dit praat
én verstaan so maklik. Toe ek nou
die vertaling van twee van my
boeke lees, was dit heel anders om
die boek te lees. Dis byna s oos 'n
verskillende weergawe.”
Humor is vir hom 'n gewigtige
saak. Wanneer hy agter sy lesse-
naar inskuif om te begin skryf, is
lag dikwels 'n maatstaaf. Die skry-
wer sê dit gebeur gereeld dat hy
skoon hardop begin lag wanneer
hy sy karakters se woorde neer-
pen. Dan wonder sy vrou, Elize, en
sy dogtertjies, Mia en Emma,
dikwels wat in die binnekant van
dié studeerkamer aangaan, maar
hulle moet in die meeste gevalle
nes sy aanhangers ook maar wag
tot die boek voltooi is.
“Wanneer ek skryf, skryf ek dit uit
my uit. Meeste van dié karakters
moet dikwels maar liefs in mens se
gedagtes bly,” terg hy. “Toe ek nog
baie jonk was, het ek veral
aanklank gevind by die stories wat
met humor aangepak word. Selfs
moeiliker temas was vir my beter
vertel wanneer daar 'n humoristiese
ondertoon is. Dis hoekom ek altyd
grap en sê die pad na 'n leser se
hart loop deur sy humorsin. Ek wil
jongmense laat glimlag wanneer
hulle lees – dit behoort nie 'n straf
te wees nie.”
Die jong Emma en Mia was al meer
as een keer die kreatiewe inspirasie
vir 'n boek. Hulle herinner hom
dikwels om die wêreld deur die oë
van 'n kind te beleef: ontvanklik vir
die groot waarhede wat die
“grootmense” dikwels ontglip en
ywerig om die lewe te geniet eerder
as om maar net bloot te leef.
Moenie die knoppie druk nie is juis
geskryf vanuit sy oudste dogtertjie
se verwondering met 'n
afstandbeheer en Grom vertel die
“Lees is vir my 'n baie gewigte
saak. Selfs voor hulle gebore is, het
ek al vir hulle rympies en stories
voorgelees. Buiten vir die feit dat
lees kinders help om akademies te
presteer, het dit só groot invloed op
'n kind se uitkyk van die lewe en die
manier waarop hy of sy die wêreld
verstaan. Lees verbreed werklik
horisonne en help kinders om vrae
te vra, selfs al is dit ook fiksie.
“Ek is baie geseënd dat my jong-
span baie lief is vir lees. Anderdag
loop ons in die winkelsentrum en
die enigste ding wat die klein Mia
wou hê, was om in die boekwinkel
te gaan draai. Dít is darem nou een
van die oomblikke wat jy as ouer
baie ingenome is met jouself,”
vertel hy grappenderwys.
Buiten gesogte toekennings soos
die kykNET/Rapport-boekprys, die
Alba Bouwerprys en talle ATKV-
kinderboektoekennings, word twee
van die skrywer se boeke, Oor 'n
motorfiets, 'n zombiefliek en lang
getalle wat deur elf gedeel kan
word en 'n Goeie dag vir boomklim,
ook deur die Britse uitgewery One
World in Engels vertaal.
Jacobs, 'n kranige drawwer wat
vanjaar al drie halfmarathons
voltooi het, sê 'n roman vir
volwassenes uit sy pen is nié
onmoontlik in die toekoms nie. In
dié stadium het hy egter nog “gans
te veel pret” met die skryf van
kinderboeke – iets wat volgens
hom 'n “lisensie vir pret” is.
“Ek sing in dié stadium nog soos
ek gebek is,” lag hy. “Ek het
ontsettend baie respek vir die
jeugliteratuurgenre. In die verlede
het ek al met 'n idee of twee
vorendag gekom om 'n volwasse
roman te takel, maar dan word ek
keer op keer net weer ingetrek deur
die wêreld van kinders en die
manier wat hulle dinge beleef en
ervaar. Daar is soveel wat ons kan
leer uit hul insigte en uitkyke, soms
dink ek hulle weet baie meer as
ons. Dit is as't ware 'n lisensie vir
pret – een wat ek nog vir baie jare
wil gebruik.”
Dít is 'n wonderlike eer, vertel hy,
maar oor Afrikaans is hy ferm: hy
het dit nog “nie één oomblik
oorweeg” om in Engels te skryf nie.
“Ek wou nog altyd net vermaak
deur my skryfwerk. Elke toekenning
is wonderlik en ek geringskat nie
die waarde daarvan nie, maar dit is
hoegenaamd nie iets wat my dryf
nie. Ek word eerder gedryf deur die
reaksies van kinders wanneer hulle
die boeke lees en die gesprekke
wat dit ontlok. My uitgewer het
anderdag vir my die eerste
voorbeeld van my jongste boek,
Daar's nie 'n krokodil in hierdie boek
nie, gestuur. Ek en Mia het dit
saam gelees, en haar reaksie was
Die Afrikaanse TAALSKRIF
9