Dink
is gesinstyd
deur Evelyn Ferreira
“Ek het hulle daar tussen die
varings gesien, Mamma!” roep my
driejarige seun tydens een van ons
gesinsvakansies 'n hele aantal jare
gelede. Ons huur 'n houthuis met 'n
groot stoep wat uitkyk op 'n
varingwoud by Nature's Valley. Aan
die een kant die berg met sy digte
plantegroei met huise versteek
tussen die bosse en hoë bome en
aan die ander kant die see. Jy stel
10
Die Afrikaanse TAALSKRIF
jou voor die hemel kan miskien net
so lyk. Dalk 'n ietsie mooier en nog
meer fantasties. fantasie-ervaring. En hy wil dit net
so onthou… presies so. Dit was
vakansietyd, gesinstyd.
Ja, dis 'n elfie en 'n paar feetjies wat
hy van die stoep af tussen die
varings gesien het. Ons het dan vir
hom gesê hy moet op die uitkyk
wees vir hulle. Ons praat vandag,
amper vyf-en-twintig jaar later, nog
met hom as jongman oor hierdie Gesinsvakansies is mos onthoutye.
Ons onthou die vroegoggende se
saam see toe gaan en die terug-
kom so teen tienuur se kant vir 'n
lekker groot ontbyt om dan weer
vroegaand, as die son sak, die vuur
aan te steek vir die aand se