Hy was maar 'n rakkertjie
van net 'n paar jaar oud
toe dié verstommende
verbeeldingswêreld –
'n denkbeeldige
storiewêreld wat hom
een van die mees
suksesvolle jeuglitera-
tuurskrywers in Suid-
Afrika gemaak het –
posgevat het, vertel 'n
opgewekte Jaco Jacobs.
8
Die Afrikaanse TAALSKRIF
Vir 'n kort tydperk tydens sy
grootwordjare het die Jacobs-gesin
op 'n plaas in Carnarvon in die Karoo
gewoon. Reg in die middel van die
gesin se erf het 'n ou telefoonpaal
gestaan – en wanneer die wind in die
Karoo opgesteek het, het dié
telefoondrade met mening vibreer en
dán sou die skrywer as't ware asem
in sy denkbeeldige karakters se lewe
blaas wanneer hy met hulle in
gesprek getree het oor alles én meer.
Hy gesels oor die telefoon vanuit sy
Bloemfonteinse huis. Selfs oor die
telefoon steek sy Noord-Kaapse
aksent plek-plek kop uit. “Ja,” lag hy,
“ek dink gereeld die aksent moet
darem nou finaal gegroet het, maar
dan hoor jy jouself weer oor die
televisie of radio praat en dan besef
ek hy kruip maar steeds hier êrens
binne my weg.”
Só is dit ook met sy skryfwerk, stel
ek voor – dit is iets wat só in sy lewe
ingemessel is, dat hy daarsonder
minder sin van die lewe sou kon
maak.
Jacobs se eerste boek, Troetel-
gedrog, het in 2001 die lig gesin.
Sedertdien het hy meer as 100
boeke geskryf en dié literatuur
het hom meer as 30 toekennings
laat inryg.