flink Flink April 2020 | Page 19

Jonathan Wulf Jonathan Wulf is 'n sanger wie se vertonings soos talle ander gekansel- leer is. “Ek is egter daarvan bewus dat baie van die bekendes en komediante lewende vertonings op stroom gee. Mense betaal R50 vir die skakel en kan dan na die tuisvertoning kyk. My planne is om produktief besig te bly en aan my kuns en skryfwerk te werk en nuwe liedjies te skryf en te oefen. Maar dis nou eenmaal net nie dieselfde as om voor 'n gehoor op te tree nie.” Sydwell Beziek Matthys Maree van OPTOG sê hulle het voor die internasionale krisis reeds kort- en langtermyn- planne in alle industrieë gevolg, maar die kunste was een van dié wat eerste en die hardste getref is. Matthys Maree “Ons kan onsself nie kunspraktisyns noem as ons nie kreatief en innoverend met omstandighede soos hierdie kan omgaan nie. In tye soos dié het mense die kunste en die ontsnapping wat dit bied meer nodig as ooit. Daarom is planne gemaak om in 'n rekordtyd van twee dae drie e-konserte op te neem om elke week iets nuut vir kykers by die huis te bied. Tegniese toerusting vir die opnames, die reël van kunstenaars, toerusting vir e-konserte en betaling- stelsels moes onder meer voor die inperking gereël word. Hierdie dui op die veerkragtigheid en aanpas- baarheid van die mense in die bedryf, maar ook van ons gehore en ondersteuners.” Roché du Toit Roché du Toit, eienaar van PhotoBLOX wat foto's en kunswerke op materiaal druk wat van hout en teëls tot magnete wissel, het ook 'n plan gemaak. “Ons voorstel is dat kliënte tydens die inperking terwyl hulle in hul huise vasgekeer is, 'n muur in die huis identifiseer waar hulle 'n PhotoBLOX muur van hul foto's wil maak. Ons voorsien 'n voorstelontwerp gratis en sodra hulle dit goedkeur, gee ons afslag op die kwotasie en kan hulle rustig deur hulle foto's gaan en op hulle eie tyd die foto's na ons e-pos. En dan is daar diegene wat voor die afsondering reeds na die groter prentjie gekyk het. VOOR NA Sanger Sydwell Beziek wat ook die Global Spotlight-talentkompetisie in die Paarl reël, beskou aanlyn vertonings egter as onrealisties – veral onder diegene wat nie oor die voordele van 'n rekenaar en klanktoerusting beskik nie. “Mens moet ook eers registreer en 'n fooi betaal voor jy op sosiale media kan optree. Baie mense sal eerder brood of suiker koop of na 'n CD, DVD of op YouTube na musiek luister. “Die Regering behoort na kunstenaars om te sien nes na gestremdes en bejaardes omgesien word. Ek glo kunstenaars moet tydens hierdie ramp met vakbonde en organisasies saamstaan wat kan verseker dat hulle oorleef.” Carla van der Spuy KLIK hier vir meer inligting AFRIKAANS 19