flink Flink April 2020 | Page 20

Op 13 het sy reeds in vyf Afrikaanse rolprente gespeel. vier. In hierdie rolprent gaan haar karakter aan masels dood en haar sussie speel die hoofkarakter. Leandry L eandry Smith, 'n gr. 8-leerling aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria, vertel sy het in haar eerste rolprent, Droomdag, gespeel toe sy net nege jaar oud was. 'n Jaar later het sy in Huisgenoot se rolprent, Vir die Voëls, gespeel. Dié rolprent wat gebaseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie de Klerk, is in die honderdste bestaansjaar van dié tydskrif uitgereik. “Ek het Simone Nortman, wie die hoofkarakter, Irma, gespeel het, se jonger weergawe gespeel. Ek het baie geleer van huiskonflik en 'n alkoholis- pa in die storie. Elke oggend het ek saam met my eie pa reeds 04:00 gery om reeds 05:00 soggens op stel te wees vir grimering en klerekas en 06:00 het ons begin skiet. “Ek was in meeste van die tonele kaalvoet, omdat die storielyn somertonele insluit. Dit was egter winter terwyl ons geskiet het. Ek kan onthou hoe ek kaalvoet op tonele was en dan is dit kouer as 10 grade Celsius buite. Ek het baie respek vir die regisseur Quinton Krog en sy span gekry. Almal het baie goed saam gewerk en goed na my omgesien.” 20 AFRIKAANS Sy het daarna in Susters, Leah van Niekerk, wat ook die hoofrol vertolk het, se jonger weergawe gespeel. “Ek het die rol van 'n weeskind vertolk. My ma het my by 'n openbare swembad gelos en nooit teruggekeer nie. Ek is ook in die storie aangeneem en dit was ook 'n baie emosioneel intense toneel waar ek saam met die maatskaplike werkster my nuwe ma ontmoet en met 'n weggooi-teddiebeer sit en huil.” In haar vierde rolprent, Raaiselkind, het sy en haar ouer sussie, Amory, saamgespeel. “Die gesin het baie emosionele uitdagings met 'n jonger boetie wat outisties is. My ma in die storie was Diaan Lawrenson. Ek het in dié storie geleer hoe een inperking ander gesinslede kan verwoes. Dit het my baie empatie gegee vir mense wat aan outisme ly of self so 'n gesinslid moet ondersteun.” Leandry sal later vanjaar in die Boereoorlog-drama, Begrond, te sien wees en dít in die jaar wat Affies Meisies haar honderdjarige bestaan “Ek het baie respek vir ons voorouers, wat in die buitelewe sonder hulpmiddels moes klaarkom. Ek het op stel verskeie Voortrekker- rokke gedra en dit was baie warm. Ons het tonele geskiet in 'n identiese replika van 'n Boereplaashuisie en ook op 'n wa en 'n span osse gery.” Leandry sê sy ken die Boereoorlog- geskiedenis soos die palm van haar hand danksy haar pa se liefde vir dié geskiedenis. “Van kleintyd af het hy altyd vir ons stories vertel of voorgelees, of boeke gewys, wat hieroor handel. Ek was nog altyd bewus dat ons voorouers baie moes ontbeer en opoffer. As ek terug- dink aan die rol wat ek vertolk het in Begrond, het ek net meer waardering vir ons voorouers. Ek is baie dankbaar dat ons as moderne mense gemak kan ken en in beskutte huise kan woon en met motors kan rondry.” Van al haar fliekrolle het sy die rol van Irma Junior in Vir die Voëls die meeste geniet omdat dié rolprent vir haar nuwe wêrelde en deure laat oopgaan het. ““Ek het ook soveel tegniek geleer en ervaring opgedoen.” Sy is baie lief om perd te ry, wat sy sedert vierjarige ouderdom doen, vir enige vorm van kuns en om gedigte en kortverhale in haar vrye tyd te skryf. Leandry sing ook in die skoolkoor. Seugnet van Zyl