Kunstenaars, Covid-19
en kreatiwiteit
Die Kuns- en Vermaaklikheidsbedryf was die eerste wat onder die
gevreesde virus en inperking deurgeloop het. Kunstefeeste soos die
KKNK, konserte en vertonings is oornag gekanselleer.
Lizz Meiring
Louw Breytenbach &
Marinda Sauermann
Louw Breytenbach van LALN
(Live Arts Little Theater) bied
aanlyn dramaklasse aan studente
en voornemende kliënte aan wat
graag hul kinders se kreatiwiteit
gedurende hierdie tydperk wil
stimuleer. Hulle publiseer weekliks
twee klasse op Google Classroom
waarvan die toep op 'n tablet of
selfoon afgelaai kan word.
Die bekende aktrise Lizz Meiring, het
vertel dat sy met haar vertoning alleen
R200 000 verloor het as gevolg van die
kansellasie van die KKNK.
Lizz het reeds haar hande stompies vir
die Teaterbystandfonds gewerk wat
almal in nood in die bedryf help – van
bejaarde akteurs tot sitplekaanwysers.
Nou gaan hulle waarskynlik oorval
word.
Gelukkig is talle kunstenaars,
kunssinniges en ander in die
uitvoerende kunste kreatief en het
besluit om 'n plan te maak.
18
AFRIKAANS
Marinda Sauermann is al jare lank
in Hartbeespoort bekend vir haar
buikdansklasse waaraan oud en
jonk deelneem. Sy werk volgens 'n
leerplan, maar gee nou aanlyn
klasse sodat haar huidige studente
nie agter raak nie. Weens die
ekonomie verwag sy egter nie veel
nuwe studente nie. Baie vroue dink
ook hulle is te “oud” hiervoor, maar
die teendeel is eerder waar. Sy het
reeds drie aanlyn platforms vir
groep-, privaat-, en onderwysklas-
se. Die groot werk is om vir elke
student individueel terugvoer te
gee. Sy gebruik haar ruim ateljee
nou vir die aanlyn klasse.
Terry
Venter
Terry Venter is 'n kunste-
naar wat aanlyn klasse in
houtskool en potlood aanbied.
“Ek benader die proses baie analities
en bied dit in verstaanbare kompo-
nente aan waar almal hul portretstudies
in minder as sewe ure voltooi.
“Ek glo met die inperking kan dit
mense se kreatiwiteit stimuleer en hul
gedagtes van die huidige omstandig-
hede aflei – al is dit ook net vir 'n rukkie
lank. Almal kry vooraf geïllustreerde
notas met my werkmetodes en wan-
neer ons dan die eerste konferensie-
oproep doen, sal hulle reeds 'n idee hê
wat om te doen. Hulle het dan ook die
geleentheid om ander kunstenaars te
ontmoet en by mekaar te leer. Ek bied
die kursus teen 'n derde van die
gewone prys aan.”