om die skaal in hulle guns te
swaai nie.
Hans Lötter was 'n Kapenaar wat voor
die oorlog 'n tyd lank in die Vrystaat
deurgebring het en hom met die
uitbreek van die oorlog by die Boere
aangesluit het. Hy was later deel
van 'n groep Boere wat onder leiding
van genl. PH Kritzinger die Kaap
binnegeval het. Hy het homself so
onderskei dat hy later die rang van
kommandant gekry het.
Pieter Wolfaardt was ook 'n Kapenaar
wat aan Boerekant geveg het. Hy was
'n onverskrokke vegter wat blykbaar 'n
paar Engelse op kort afstand
doodgeskiet het.
Lötter (26) en Wolfaardt (32) was albei
deel van 'n groep Boere wat op 'n
reënerige nag in 'n skuur op 'n plaas
teen die weer geskuil het en wat die
volgende oggend daar deur die
Engelse verras is. 'n Hele klompie
mans aan albei kante het daar
gesneuwel. Lötter en Wolfaardt is
gevange geneem en as Kaapse rebelle
van hoogverraad aangekla.
Lötter, so word vertel op monumente-
sa.co.za, het vergeefs aangevoer dat
hy Vrystaatse burgerskap gekry het.
Hy kon dit egter nie bewys nie.
Die Britse owerhede aan die Kaap wou
uiteraard enige verdere rebellie
ontmoedig en daarom is Lötter en
Wolfaardt albei ter dood veroordeel.
Die vonnis is in die openbaar op die
plein in Middelburg voorgelees waar
die hele dorp dit moes aanhoor.
Op 12 Oktober 1901 is Lötter buite
die dorp op 'n stoel vasgebind en
doodgeskiet. Drie dae later is dieselfde
met Wolfaardt gedoen.
Die stoelmonument is van klip gebou
op die plek waar die twee mans
tereggestel is. Op die monument is
daar onder meer 'n uitbeelding van 'n
riempiestoel.
Verskriklike tye kom in verskillende
eras op verskillende maniere.
Neels Jackson
AFRIKAANS
17