V E R
SKRIK
L I K E
T Y E
Die Stoelmonument buite Middelburg in die Oos-Kaap
Foto: Neels Jackson
D
it voel soos lank, lank gelede,
toe ons nog kon reis, voor
hierdie verskriklike tyd waarin
die nuus vol dood is en 'n virus ons in
ons huise vaskeer.
Maar eintlik was dit net 'n paar maande
gelede dat ek met my selfoon gesit het
en 'n roete deur die Vrystaat en Oos-
Kaap beplan het. Op die kaart op my
skerm het daar skielik 'n kennisgewing
uitgespring: “Stoel Monument”. Net
buite Middelburg, op die pad wat ons
wou ry.
Dit was iets waarvan ek nog nooit
gehoor het nie, die Stoelmonument.
My nuuskierigheid is geprikkel en ek
het gaan soek na meer inligting.
En die soektog het my 120 jaar terug
geneem, na 'n ander verskriklike tyd.
'n Klompie jare tevore is daar goud
ontdek aan die Witwatersrand en die
jong Zuid-Afrikaansche Republiek
onder leiding van pres. Paul Kruger
was skielik ryk. Die delwers het van oor
die wêreld toegesak op die area waar
die stad Johannesburg ontstaan het.
En natuurlik het die kolonialistiese
Engelse oë begerig gekyk wat aan die
gebeur was. Nie lank tevore nie is daar
diamante ontdek in 'n gebied waarin
die Engelse vroeër min erg gehad het,
maar baie gou het hulle daarop
aanspraak begin maak en kort daarna
het hulle dit geannekseer.
Sou hulle weer so iets probeer? En dit
in 'n gebied waarvan hulle die onaf-
hanklikheid vroeër formeel erken het?
Die oorlog het in 1899 uitgebreek en
gou was dit 'n oorlewingstryd vir die
16
AFRIKAANS
twee Boererepublieke, die ZAR en
die Vrystaat, teen die magtige Britse
ryk. Die Boere het dapper geveg,
maar die Britse oormag was groot.
Boonop het die Britte met die taktiek
begin om Boere se plaashuise af te
brand en die vroue en kinders in
konsentrasiekampe aan te hou.
Aan Boerekant was daar een groot
hoop oor, en dit was dat die Afrikaners
van Kaapland, wat die meerderheid
van die Kaapkolonie se inwoners was,
gemobiliseer kon word om tot die twee
Boererepublieke se hulp te kom.
Om dit te bereik, was daar 'n paar
poging van Boerekant af om die
Kaap in te val en die oorlog na
Britse grondgebied toe te verskuif.
Daar was 'n klompie Kaapse rebelle
wat hulle by die Boere geskaar het,
maar dit was nie naastenby genoeg