Albrecht Holm, voorsitter van Beweging
Red Kerkplein se boek amuseer en inspireer
Afrikaans, maar my Engels en Duits is
ook goed. Ek lees Afrikaans, Engels,
Duits, Nederlands, Vlaams en met
'n bietjie gesukkel Noors, Sweeds,
Deens, Italiaans en Spaans en selfs
'n bietjie Grieks.
Sy liefde vir argitektuur is waarskynlik
oorgeërf en hy noem boutradisie 'n ou
“siekte” van die Holms. Vir hom is
argitektuur, kuns en kultuur 'n eenheid
wat mekaar onvermydelik beïnvloed
om 'n gebalanseerde geheel te vorm.
Hy en sy broer Dieter het 'n argitektuur
ontwikkel wat hulle eko-argitektuur
noem.
“Dit is ekologie op argitektuur
toegepas, om die hulpbronne wat die
omgewing bied volhoubaar te benut en
aan die omgewing soveel weer terug te
gee as wat jy uitneem. Hiervoor neem
ons die klimaatverskille, die topogra-
fiese verskeidenheid, die plaaslike
boumateriale en plaaslike menslike
hulpbronne en behoeftes in ag. Eko-
argitektuur lyk dus in die Richtersveld
anders as in die Boland, Natalse
kusgebied, Transvaalse stad of
Noord-Kaapse platteland.”
Albrecht was 'n belangrike rolspeler in
die redding van Pretoria se Kerkplein,
toe die Nasionale Partyregering die
historiese geboue aan die westekant
van Kerkplein in Pretoria wou sloop om
twee hoë toringgeboue weerskante van
Kerkstraat op te rig. Die publiek het
herhaaldelik in opstand gekom en daar
het verskeie negatiewe berigte in die
media verskyn. Uiteindelik het die
Suid-Afrikaanse Vrouefederasie, onder
leiding van Johanna Raath, in 1975 die
Beweging Red Kerkplein (BRK) gestig
en sistematies voorspraak vir die
behoud van die historiese “Wesfasade
van Kerkplein” georganiseer.
geboue onbenut was en met sloping
vernietig sou word, ten minste R30
miljoen werd was, vir daardie tyd 'n
aansienlike bedrag.”
“Die BRK het in sy missie geslaag
en die toringgebouprojek is afgelas.
Die Wesfasade was dus vir eers
behoue, maar nog nie beveilig nie.
Ná my betrokkenheid by die BRK het
ons argiteksfirma die opdrag gekry
om die geboue te restoureer en later
ook die Ou Raadsaal. Ek het myself in
restourasie verdiep en in samewerking
met Diedre Viljoen 'n boek oor die
Ou Raadsaal geskryf.”
Restourasie van ou geboue en
erfenisbewaring lê hom na aan die
hart. “Ek dink 'n gebou, en trouens
enige kultuurskepping, is 'n lewende
wese. Hy lewe langer as 'n mens. Hy
ontstaan as gevolg van 'n behoefte en
'n wens of ideaal van 'n mens, of groep
mense. Hy oefen dan 'n invloed uit op
'n omgewing, samelewing of kultuur.
Wanneer die omgewing, samelewing
of kultuur verander, moet die ou
gebou daarby aanpas om nog verder
'n bydrae te lewer. Dis die doel van
restourasie of erfenisbewaring.”
Ná die welslae van die 1970's het die
oorspronklike missie van BRK verval
en daarmee saam eintlik ook sy
bestaansrede. Maar is dit werklik so?
“BRK het met die geslaagde redding
van Kerkplein hoofsaaklik die strukture
bewaar. Die lewe daar loop egter
gevaar om ten gronde te gaan. Al is
daar genoeg 'voete', is die kwaliteit van
die gebeure van 'n lae aard. Alle erfenis
bestaan uit tasbare en ontasbare
dinge: die fisiese liggaam en die lewe
in daardie liggaam. Iemand moet iets
drasties doen om die kwaliteit van die
lewe op die plein en in die geboue op
te hef. Dit kan moontlik 'n nuwe missie
vir BRK wees,” sê Albrecht.
Ten spyte van 'n beroerte wat sy
spoed 'n paar jaar gelede vir 'n rukkie
gebreek het, is daar geen sprake
van agteroorsit vir Albrecht nie. Hy is
tans besig met 'n manuskrip oor sy
kunshistorikus-pa, Erik, se lewe, 'n
musiek-komedie oor Reinier de
Winnaar van Zastron, 'n musiekstorie
met gesproke Engelse teks en verdere
byvoegings vir 'n moontlike tweede
druk van sy boek Sommer my reis.
“As ek dinge uit die verlede
vir my kinders vertel het, het hulle
my altyd gevra, 'Was dit in jou tyd?'.
'My tyd is mos nog nie verby nie.
Dis nou nog my tyd,' was my antwoord.”
Sy reis is nog nie voltooi nie ...
Petronel Fourie
Piet Muller en Willem Punt Senior
van die Stigting Simon van der Stel
het in Julie 1975 op Kerkplein 'n groot
protesvergadering gereël waarheen
volgens skatting tien duisend mense
vanoor die hele land opgeruk het.
Saam met ander prominente mense
het Albrecht ook 'n spreekbeurt gekry.
“Ek het daarop gewys dat die
kantoorruimte wat daar in die ou
AFRIKAANS
15