Laurinda skep musikale fantasieë
D
ie klassieke violis Zanta
Hofmeyr, het eenmaal die
volgende oor haar niggie,
Laurinda Hofmeyr gesê: “Laurinda is
'n uitvoerende musikant wat met haar
toonsettings musikale fantasieë skep.”
Dit doen Laurinda gewis. Sy neem die
poësie van digters soos DJ Opperman,
NP van Wyk Louw, Antjie Krog en
Breyten Breytenbach en skep
wonderskone musiek daarby wat 'n
nuwe betekenis aan hulle woordkuns
gee. Dit is juis Laurinda wat as skolier
die pragtige “Ek het 'n huisie by die
see”, 'n gedig van HA Fagan wat
Laurika Rauch so mooi sing,
getoonset het.
12
AFRIKAANS
Vir vanjaar se KKNK het Laurinda hard
gewerk aan 'n produksie geskoei op
die poësie van Pablo Neruda, die
begaafde Chileense digter. Die digter
De Waal Venter het die werk van
Neruda in Afrikaans vertaal, en die
produksie, Neruda: Hartstog sou by die
KKNK geopen het. Op 14 Maar het die
direkteur van die KKNK, Hugo Theart,
die skokaankondiging gedoen dat
hierdie fees nie vanjaar gaan plaasvind
nie, weens die dreigende gevaar
van besmetting met die koronavirus.
Byna twee weke daarna het pres. Cyril
Ramaphosa 'n toestand van nasionale
inperking aangekondig en Suid-Afrika
het meteens tot stilstand gekom.
Op Donderdagaand 19 Maart, 'n week
voordat die inperking op 26 Maart
om middernag aangebreek het,
het Laurinda egter haar volgelinge
verras met 'n huiskonsert wat op
Facebook uitgesaai is. Intussen het
ander kunstenaars ook in haar
voetspore gevolg.
“Ek kan geen krediet daarvoor neem
nie,” lag Laurinda wanneer sy hieroor
uitgevra word in die telefoniese
onderhoud. “Dit was die maatskappy
wat my op sosiale media bemark wat
met die idee vorendag gekom het.
Aanvanklik was ek nogal benoud want
ek sukkel maar om myself in die kollig