en energie van my gevra het. Ek het die
rol van Louis se onkonvensionele ma,
Mercia, in Binnelanders baie geniet. Dié
rol het op die regte tyd na my gekom,
juis toe ek gedink het om weer myself
beskikbaar te stel vir TV-werk.”
maklik dreineer. Ek hou van die stilte en
privaatheid agter die mure van my huis.
Ek woon alleen en ek spandeer die
meeste van my tyd op my eie.
Ek het geleer om my eie geselskap
(en dié van my worshond) geweldig
baie te geniet!
Hoe maak jy tyd vir al die rolle in
jou lewe?
“Tyd werk vir my op dieselfde beginsel
as finansies – ek moet my tyd (en
energie) met wysheid en omsigtigheid
begroot, sodat ek nie uitbrand of
vasbrand nie. Ek word gewoonlik lank
vooruit bespreek as spreker by baie
van die damesfunksies, so ek kan 'n
bietjie vooruit in die pad afkyk … en
probeer beplan waar ek moet werk en
waar ek kan speel of weggaan. “Maar ons het almal ook samesyn
nodig en vir my paar jarelange close
vriendinne en familie en veral my
kleinseun maak ek altyd tyd – selfs in
my heel besigste tye, hou ek hierdie
verhoudings in stand. By hierdie
groepie mense is daar nie druk nie,
kan ek ontspan, my skoene uitskop en
100% op my gemak wees as 'n
'doodgewone' mens. Ons voed mekaar
– en voed ook mekaar op.”
“My sosiale lewe is die afgelope paar
jaar baie afgeskaal en ek het gesonde
grense gestel. Ek date nie en ek doen
nie honderde sosiale koffies met
honderde verlangse vriendinne nie.
Weens my weeklikse openbare werk,
kan 'n oordosis sosiale 'kuiers' my Skilder jy nog? Waar ruim jy tyd
vir dít in?
“Ja, ek skilder nog en geniet dit baie
wanneer ek die ruimte en tyd het om dit
met toewyding te kan doen. Ek het
einde 2018 dertig oliewerke by die
Alice Art Galery in Ruimsig, Johan-
nesburg uitgestal. Ek het verlede jaar
drie van my olieskilderye geskenk aan
Helpende Hand se nuwe FroueVonds
om te verkoop en byna R40 000 daar-
mee ingesamel vir die bystandfonds.
Dit laat my hart warm klop om te dink
dat ek deur my skilderkuns 'n verskil
in ander vroue se lewens kan maak.
Hierdie fonds help om vroue wat in
moeilike omstandighede vasgeval het,
by te staan en om hulle menswaar-
digheid weer terug te kry.”
Later vanjaar pak Susan 'n nuwe
avontuur aan, waar sy as toerleier
die Camino-staptog deur Spanje
gaan aanpak.
“Ek glo dit gaan
sielsverrykend wees!”
Susan kan gekontak word via haar
Facebook-blad of stuur vir haar 'n
e-pos by [email protected].
AFRIKAANS
11