akteurspersoonlikheid en ryk verbeel-
ding. Ons het soveel sports saam –
ek geniet myself regtig gate uit. Dis 'n
splinternuwe avontuur om saam met
Vriendjie na die lewe te kyk. Ek het 'n
tweede kans gekry om die alledaagse
wonderwerke wat ek as volwassene
so maklik miskyk, weer raak te sien.
Hy is 'n groot seën en bron van
inspirasie in my lewe.”
Vir Susan het die lyding en ellende
regoor die wêreld weens Covid-19
'n groot impak op haar.
“Soms huil ek op my eie wanneer ek
die nuus aanskakel. Ook die armes in
ons eie land, dit is hartverskeurend om
te aanskou. En dit laat my meer bewus
word van my eie seëninge, te midde
van die epidemie. En vul my met
dankbaarheid vir my eie voorregte
agter my muur.”
Al haar opkomende openbare funksies
as spreker/skrywer is tot einde Mei
onbepaald uitgestel. Die finansiële
implikasies is verreikend. As als goed
gaan en die staat van inperking opge-
hef word, sal sy op 6 Junie by die Blou
Hond-teater in Pretoria te sien wees.
“Ek kan dus geen inkomste uit my
optredes genereer vir minstens twee
maande nie en ek het ook nie 'n
afsetmark vir my boekverkope nie –
my twee hoofbronne van inkomste as
vryskutpersoon wat vir haarself werk.
Ek besef egter die inperkings raak baie
ander mense nog veel erger; dus wil ek
10
AFRIKAANS
nie my eie wonde te veel lek nie. Ek het
besluit om die tyd so produktief en
innoverend as moontlik te gebruik en
weer aan my volgende roman te begin
werk. Hopenlik help die tyd van afson-
dering waar ek nie in die publiek mag
werk nie, my om teen die einde van die
jaar 'n nuwe boek in die mark te hê.”
Hoe begin jy aan 'n nuwe
boek skryf?
“Ek begin gewoonlik met 'n idee –
'n gevoel rondom 'n tema en die
hoofkarakter se stem in my ore … en
dan begin ek skryf en kyk wat gebeur
… Dan meld ander karakters aan om
deel te neem aan die skryfproses …
Soms soos ongenooide gaste …
Op die ou einde vertel al die karakters
saam aan die storie – en hulle het
nogal 'n sterk wil van hulle eie en verras
my baie kere met streke en storielyne
wat ek nie noodwendig beplan het nie.
Om 'n roman te skryf, vra beplanning,
maar ook om ruimte te laat vir
verrassings uit die bewussyn van die
karakters. Dit is vir my 'n misterieuse
proses … Ek moet gereeld terugstaan
en die karakters toelaat om die leisels
te neem.”
Verskeie boeke het al uit Susan se pen
verskyn, waarvan die jongste, Koeke
en Terte, wat verlede jaar verskyn het.
Jy is bekend as aktrise,
motiveringspreker en skrywer.
Wat is vir jou die lekkerste?
“Ek is dankbaar vir elke kreatiewe
geleentheid en geniet dit om
verskillende dinge te doen en verskil-
lende fasette van myself en my gawes
te ontwikkel. Dis soos 'n a la carte
spyskaart – elkeen smaak anders en
vra 'n spesifieke toewyding en commit-
ment. Om mense te probeer inspireer
as spreker, vra dat ek met uiteenlopen-
de mense van verskillende sfere van
die samelewing probeer identifiseer en
elkeen se menswees valideer. Aktrise
vereis weer die diep inlewing in 'n
fiktiewe karakter se skoene en lewens-
vatbare geloofwaardige uitbeelding
daarvan. (En om baie woorde te leer.)”
“ En om 'n suksesvolle
roman te probeer skryf,
vra baie swoeg en sweet
en deursettings-vermoë …
dit is by verre dié grootste
en moeilikste uitdaging,
elke keer.”
Jy was onlangs ook weer op TV te
sien in Binnelanders. Hoekom was
jy vir so lank nie voor die kamera
gewees nie of het jou boeke in die
dekade wat jy nie op TV te sien
was, jou te besig gehou?
“Die skryf van nuwe boeke asook die
weeklikse voorbereiding en reise na da-
mesfunksies neem baie tyd in beslag.
Ek het wel 'n eenvroukomedie, Koek en
Tert, vir die verhoog geskryf, waarmee
ek van 2016 tot laas jaar getoer het.
Ek was ook sedert 2002 tot einde 2012
mede-eienaar van die Blou Hond Teater
Restaurant in Linden, wat ook baie tyd