F
link het Susan Coetzer
maande voor die
noodgedwonge nasionale
inperking ontmoet.
Steeds skemer haar positiwiteit
deur toe ek onlangs weer met haar
kontak gemaak het.
“Ek moet erken, dit is vir my baie
lekker om in hierdie tyd van
inperking nie op die pad te wees
en met my motor na al die
vergeleë plekke te reis vir werk nie.
My worshond, Boytjie, is ook baie
bly hieroor.
Daar is beslis vir my 'n ligkant
omtrent die gedwonge sabbatical –
om geforseer te word om te rus en
tot stilstand te kom. My siel is al
geruime tyd honger vir stilte en rus.”
“En nou is ek stil en kan ek
rus volmaak. En vir hierdie
gift sê ek dankie.”
Sy sê die ergste van die korona-
pandemie is die emosionele impak
en dat sy nie haar familie wat sewe
minute weg woon, mag sien nie,
veral nie haar tweejarige kleinseun,
Frankie, nie.
“Ek mis sy warm lyfie en al ons
speletjies en pret saam. Dis
moeilik want ek kan nie aan hom
verduidelik hoekom hy nie meer by
sy ouma mag kom kuier nie. Ons
doen wel video calls en dan steek
hy die hande uit na my. Ek hou vir
hom Paaseiers en ander lekkernye
wat hy ken, uit en dan eet ons dit
kastig. Ek wys ook vir hom 'n paar
van sy sagte speelgoeddiere in die
kamera en laat hulle ook saam
gesels oor die foon. En Boytjie, wat
hy goed ken, neem ook deel aan
die geselsies, deur hard te blaf.”
Frankie beskryf sy as die poeding
in haar lewe. Hy is vir haar die
soetste en lekkerste geselskap.
“'n Nuwe ouma-kamer in my hart
het onmiddellik oopgegaan die
dag van sy geboorte. Eienaardig
hoe vinnig jy diep lief kan word vir
so 'n klein nuwe mensie – een
met jou bloedlyn in sy are. Klein
Frankie, of te wel Vriendjie, is 'n
baie vrolike en sosiale kleuter met
'n heerlike humorsin en dramatiese
AFRIKAANS
9