GESKIEDENIS
Susanna , Hendrina en kie : Die verhaal van Afrikanervroue in protes
n 1843 was dit Susanna Smit , in 1915
IHendrina Joubert en in 1940 Henriette Armstrong . Terwyl talle meen die verhaal van Afrikanervroue uit die verlede is dié van vroue wat gedwee kaalvoet en swanger in die kombuis geboer het , vertel die geskiedenis ' n heel ander verhaal . Dit vertel ' n verhaal van vroue wat nie net onderdrukking ken nie , maar ook sal opstaan en veg daarteen .
1843
Die vestiging van ' n Voortrekkerrepubliek in Natal was vir Susanna Smit ( suster van die Voortrekkerleier Gerrit Maritz en eggenote van die Voortrekkerpredikant Erasmus Smit ) – en talle ander Voortrekkers – ' n droom wat bewaarheid is . Die republiek sou egter nie lank hou nie , en skaars drie jaar nadat die Republiek van Natalia in 1839 op die been gebring is , is dit in 1842 deur Brittanje geannekseer en ' n jaar later amptelik as Britse kolonie geproklameer .
Die Volksraad van dié Voortrekkerrepubliek het in Julie 1842 besluit om die republiek op te gee en hul aan Britse gesag
Vroueoptog , Pretoria , 1940
te onderwerp . Veral Voortrekkervroue was gekant teen dié besluit en in Augustus 1843 besoek ' n vroueafvaardiging , onder leiding van Susanna , kommissaris Henry Cloete om hul saak te stel .
Hul boodskap was duidelik – en het sedertdien ' n alombekende bewys van Voortrekkervroue se verset geword .
Dié vroue sou eerder kaalvoet oor die Drakensberg terugstap “ om in vryheid te sterf ” as om hulle aan Britse gesag te onderwerp en hul vryheid te verloor .
Die vroue het ook meer politieke mag geëis , want hoewel Voortrekker-mans hulle meer seggenskap in staatsaangeleenthede beloof het , het daar niks van gekom nie .
Susanna se afvaardiging het nie die anneksasie van Natal omgekeer nie , maar bewys wel dat Voortrekkervroue reeds in die middel 1800 ' s geweier het om bloot stilswyende onderdane te wees .
7 AFRIKAANS