Ÿ Kundigheid in jou vakgebied Ÿ Kyk Dead Poet Society Ÿ Hou kinders positief oor ons land Ÿ Vaardighede vir die werkplek
Alles is natuurlik die regte dinge . Elke antwoord bevestig hoe belangrik is onderwysers in ons gemeenskap , hoeveel ouers op onderwysers staatmaak en die waarde wat onderwysers in kinders se lewens voeg . Aan die ander kant het ek , soos wat die lysie langer word , skoon uitasem gevoel vir die onderwysers se part . Daar rus ' n groot vrag op onderwysers se skouers .
Prof . Johan Buitendag , voormalige dekaan van Tukkies se teologiese fakulteit , het vroeër vanjaar tydens die oorhandigingsgeleentheid van die Andrew Murrayprysfonds ' n belangrike leidraad oor die regte fokus gegee .
Hy het opgemerk dat ons Calvinistiese werksetiek sterk klem op arbeid plaas .
Harde werk en arbeid staan sentraal in ons lewens- en wêreldbeskouing en is van nature deel van ons karakter en taal . In bykans elke Afrikaanse skoolwapen en skoollied is daar ' n verwysing na werk . My laerskool se leuse is Arbeid skep vreugde en hoërskool se leuse is Steeds hoër . Ons ken van Ora et labora – bid en werk . Labor es tars – Werk is ' n kuns . Arbeid adel werk , maak sterk . Die oggendstond het goud in die mond . Hy werk hom byna dood . Die arbeider is sy loon werd . Die vrug van jou arbeid sal jy geniet . Die ou Volkskasbank se leuse was Arbeidsaam . By Die Voortrekkers sing die kinders ' n liedjie : Werk , werk lekker werk , werk maak sterk . Ons het die Calvinistiese werksetiek veranker in die kultuuropdrag van Genesis om die aarde te bewoon , te bewerk en te bewaar . Dit is reg so , want wie nie wil werk nie , moet ook nie eet nie .
Iemand wat hard werk , het nie ' n lui haar op sy kop nie , maar ons het net soveel waarskuwings en vermanings vir die luiaard . Soos : gaan na die mier luiaard . Lamsak en dooie . Sy is lui by die vak , maar fluks by die bak . Melanie se gunstelingidioom is : son in die weste , luiaard op sy beste . Langenhoven het dit probeer verduidelik : daar is nie ' n luiaard wat nie wil werk nie , die luiaard verlang maar net na ' n ander soort werk as die wat hy nou moet doen .
Ten spyte van al die positiewe van harde werk , is dit ook so dat ons werkslawe of selfs werkverslaaf kan word . Die hoeveelheid werk vind neerslag in besige , besiger en besigste programme en werksdruk . Ons dryf nie net onsself nie , maar ook ons kinders om harder te werk , meer te gee , beter te doen , want prestasie skep toekoms .
Aan die hand van ' n Duitse teoloog , Jurgen Moltmann , se teologie , het prof . Buitendag opgemerk dat die mens nie die kroon van die skepping is nie . Die kroon van die skepping is die Sabbat . Hoekom ? Omdat daar in die rus van die Sabbat ' n volkome harmonie was tussen Skepper , skepping en skepsel . God , mens en natuur . Ons maak ook ' n fout om te dink die gebod , ses dae moet jy werk en die sewende dag moet jy rus , beteken ses dae werk jy jou dood om een dag te rus om die volgende ses dae volstoom te stormloop . Hierdie harmonie is ' n allesomvattende harmonie wat al ons dae en ure insluit .
Moltmann het ' n punt beet . Ons harmonie met onsself , met God , in ons gesinne , met die natuur is versteur . Mens hoef net te gaan kyk na die hoeveelheid kinders op antidepressante , medikasie om te wonder hoe gaan dit met pa en ma , juffrou en meneer ? Dit laat ook die vraag :
Is ons nog gelukkige mense ? Leef ons op ' n gelukkige aarde ?
Harmonie gaan nie herstel word deur harder werk en meer te doen nie . Die sleutel is in die woordjie rus . In Matteus 28:11 is ' n uitnodiging en belofte van Jesus : “ Kom na My toe , almal wat moeg en oorlaai is en ek sal julle rus gee .”
Die Griekse woordjie vir uitgeput is kopiao . Dit beskryf ' n persoon wat totaal uitgebrand en oorwerk is van onophoudelike en aanhoudende werk .
Die Griekse woordjie vir rus wat in Matteus 28:11 gebruik word , is anapauo , wat vry vertaal beteken Jesus beloof om aan moeë , oorlaaide mense nuwe energie te gee , soveel energie dat jy weer jonk en uitgerus voel .
Die Joodse sprekers wat die uitnodiging en belofte van Jesus gehoor het , het ook ' n ander beeld opgeroep . Die Hebreeuse woordjie vir rus in Matteus 28:11 is nucha . Nucha roep die beeld op van ' n kameel in die woestyn wat met swaar bagasie op sy rug stap . Nucha is die rus wanneer die kameel op die grond neersak , met sy bors op die sand gaan lê , sodat sy eienaar die swaar vrag kan aftel .
Die rus van Matteus 28:11 is dus nie ' n Sondagmiddagslapie , lang vakansie , spa-behandeling of een of ander goedvoellysie met wenke om meer te ontspan nie . Dit beteken ook nie al die oueraande , vraestelle en buitemuurs is weg nie .
Die rus waarna Mattheus 11:28 verwys , vra ' n ander lewensbeskouing en ingesteldheid . Dit keer die vraag om . Nie wat is die regte dinge waarop ek moet fokus nie , maar Wie is die regte fokus van al my dinge ?
Hierdie rus beteken :
Ek kan rustig raak oor my kinders se toekoms . Hulle behoort aan die Here en Hy sal vir hulle sorg . Ook vir die Prinslootjies wat af in die straat woon .
Dit beteken ek hoef my nie dood te werk nie . Ek kan doen wat ek kan aan die dinge wat binne my beheer is en rustig raak oor dit wat buite my beheer is .
In my stormsterkte kwessies kan ek soms terugsit en besluit : Let God and let go .
Ek hoef nie swaar bagasie saam te dra nie , Sy las is lig .
In die rus , die dieper vrede , is die Gees van God aan die werk . Hy herstel nie net die harmonie nie , maar gee my nuwe krag , nuwe energie om met nuwe toekomshoop te doen wat my hand vind om te doen .
Danie Langner
AFRIKAANS
6