DINK
Rus vir die moeë ONDERWYSERES
nderwysers en
Oonderwyseresse het ' n groot taak op hande . Byna alle onderwysers kry swaar , maar dit is veral onderwyseresse wat soms vou onder die druk van skoolhou en dan tuis nog haar eie gesin moet versorg .
Tydens die Solidariteit Skolekongres in Junie , is die besturende direkteur van die FAK en Voortrekkermonument , dr . Danie Langner , gevra om ' n toespraak te lewer oor “ fokus op die regte dinge .” Die FAK deel graag hierdie toespraak met ons onderwyser-lesers om nuwe moed vir die laaste bietjie van die jaar te skep .
WERK EN RUS
Toe Hugo Vermeulen my vroeër die jaar kontak om te vra om oor fokus op die regte dinge by die Skoleondersteuning-sentrum se kongres te gesels , was my eerste gedagte dat dit ' n maklike onderwerp is . Dit is nie moeilik om ' n paar regte dinge te noem soos roeping , diensbaarheid en liefde nie . Ek was verkeerd . Hoe meer ek vir mense gevra het wat is die regte dinge waarop onderwysers moet fokus , hoe meer uiteenlopend was die antwoorde .
Melanie , wat self ' n onderwyseres is , het dadelik geantwoord wat is die dinge waarop sy nie wil fokus nie , maar wat haar fokus steel , naamlik die onderwysdepartement se burokrasie en die stoute Prinslootjies wat in die straat af woon .
Ons oudste het gesê sy dink onderwysers moet fokus op die groot prentjie , want dit is die klein detail wat hulle ongelukkig maak , soos kinders wat nie hulle huiswerk doen nie of as die sleutel nie die klas behoorlik oopsluit nie .
Die bestuurspan by die FAK , waarvan die meeste kinders op skool het , het kortliks gesê die regte dinge om op te fokus is :
Ÿ
Ÿ Ÿ
Ÿ
Ÿ Ÿ
Ÿ Ÿ
' n Rolmodel vir ons kinders wees en daarom is dit belangrik om by die beginsels te bly en as voorbeeld te dien Waardes en geloof Strewe na uitnemendheid en inspirasie vir kinders om alles te gee Gee vir ons kinders gereedskap vir hulle ontwikkelingspad Kwaliteit onderwys is krities Dissipline . Dissipline kom net in die woordeboek voor roetine Staan op teen boelies Identifiseer swaarkry en vat hande met die gemeenskap om families by te staan
5 AFRIKAANS