Flink Augustus 2023 54 | Page 5

Foto : FC Pelser
“ Liewer kaalvoet terug oor die berge ,” eggo dié woorde vandag in skoolbanke , gespreek deur ' n jong meisie wat dalk eendag die eerste vroueskeidsregter in wêreldrugby kan word .
“ Liewer kaalvoet terug oor die berge ,” fluister die student wat eendag die glasplafon wil verpletter .
“ Liewer kaalvoet oor die berge ,” staan hulle vandag nog “ agter elke man ” en lei ons vreesloos die toekoms in .
Op 28 Augustus 1798 is Susanna Catharina Smit gebore en op 27 Julie 1863 in Pietermaritzburg oorlede . As suster van die Voortrekkerleier , Gerrit Maritz , en vrou van die eerste Voortrekkerpredikant , eerwaarde Erasmus Smit , het sy haar plek volgestaan onder die vroue van die Voortrekkers .
In die boek Suid-Afrikaanse Heldegalery ( 1947 ), onder die redaksie van G Aucamp , staan die volgende : “ Die wederwaardighede van die Voortrekkers in die Vrystaat en Natal het sy meegemaak en as predikantvrou skynbaar steeds opgetree as leier en mondstuk van die vrouens van die Trekkergemeenskap . Blyk daarvan is die feit dat sy met die anneksasie van Natal deur die Engelse , gekies is as mondstuk van ' n deputasie van sowat 400 ontevrede vrouens om teen die anneksasie te protesteer by advokaat Cloete , wat deur die Britse regering gestuur is om die land oor te neem . Dit was by hierdie geleentheid dat sy vir haar ' n blywende plek in ons geskiedrolle verower het .”
FC Pelser
AFRIKAANS
4