Vir die eerste keer in geskiedenis is gedenkdienste in Rustenburg en Turffontein gehou .
Die FAK-Oosrand-Kultuurnetwerk , in samewerking met Die Voortrekkers en VF Plus , het gesorg vir ' n pragtige gedenkdiens in Turffontein-konsentrasiekampkerkhof , waarby kranse neergelê is . Die FAK-Rustenburg- Kultuurnetwerk het ook in Rustenburg , waar daar nie ' n konsentrasiekamp was nie , hande gevat met Die Voortrekkers om ' n gedenkdiens te hou . Laasgenoemde netwerk het hulde gebring deur die skoonmaak van die ABO-burgergrafte wat by die Ou Rustenburg Begraafplaas aangetref word , waarna die kranslegging gehou is .
Die FAK-Vaal-Kultuurnetwerk bied jaarliks ' n gedenkdiens by die konsentrasiekampbegraafplaas in Vereeniging aan , waar onder andere vanjaar ' n skyngeveg plaasgevind het . Peet Schabort van die FAK-Vaal-Kultuurnetwerk het opgetree as verteller van die skyngeveg en het die verhaal vertel van Danie Theron , bekende verkenner tydens die ABO , wat 69 burgers vanuit die Kliprivier-tronk in die Heilbron-distrik vrygelaat het .
Die FAK het ook by die Irene-konsentrasiekampgedenkdiens saam met ander organisasies ' n krans gelê en hulde gebring aan die 1179 vroue en kinders wat in die Irene-konsentrasiekamp gesterf het .
Skyngeveg is ' n geleentheid om meer te leer
Droom word na 12 jaar waar vir plaaslike erfenisliefhebber
Vir die eerste keer in 29 jaar is die Heldeakker weer in Afrikanerbestuur .
Word ' n
FAK-VRIEND klik hier
Quentin Meyer , voorsitter van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge ( FAK ) se Noord van die Bergkultuurnetwerk , wag al twee jaar lank op die goeie nuus wat hy onlangs ontvang het – dat sy aansoek as opsigter van die Heldeakker in Pretoria goedgekeur is .
Meyer is al vir 12 jaar betrokke by skoonmaakaksies in die Heldeakker . Dit was nog altyd sy droom om meer te kan doen om dié historiese terrein , wat so na aan sy hart is , beter in stand te hou .
FAK-kultuurnetwerk onthou Oom Paul
Die FAK se kultuurnetwerke het op 24 Junie ' n skyngeveg op Udolpho Rivierplaas net buite Parys in die Vrystaat aangebied . Dié skyngeveg is ter herdenking van die Slag van Paardeberg , wat tydens die Anglo-Boereoorlog ( ABO ) plaasgevind het en bekend is as ' n groot nederlaag vir die Boerekommando .
“ Hierdie geveg is nog nooit in die 123 jaar van die gebeurtenis herdenk nie ,” het Jan-Danie Malan , kultuurkoördineerder Sentraal van die FAK , verduidelik . “ Ons wil graag onbekende en ongewilde veldslae uitvoer en so vir mense die geskiedenis leer .”
AFRIKAANS
34